14 SAFTA benoemings vir Penguin Films en Paw Paw Films!

0
49

Die bekroonde rolprentvervaardigingsmaatskappy, Penguin Films, en sy sustersmaatskappy, Paw Paw Films, het pas veertien benoemings opgeraap vir die twaalfde jaarlikse Suid-Afrikaanse Fliek- en Televisietoekennings (SAFTAs)!

Roberta Durrant en Mandilakhe Yengo, die gesoute regisseurs en kreatiewe vervaardigers van die maatskappy, is in hulle noppies met hierdie nominasies en is dankbaar vir die wonderlike akteurs en filmspanne saam met wie hulle aan hierdie projekte kon werk en wens hulle sterkte toe vir die toekenningsgeleentheid.

- Advertisement -

Ring Of LiesDie tweede seisoen van hulle gewilde telenovela, Ring of Lies, is in vyf kategorieë benoem, wat insluit:

  • Beste Prestasie vir Oorspronklike Musiek of Klankbaan in ’n Telenovela: Komponis, Ngane Sikobi;
  • Beste Prestasie vir Na-produksie in ’n Telenovela: Na-produksiespan, Stash Couvaras, Maryke Kruger, Talya Jay Kahan, Ambonga Mfundisi en Tanya von Abo;
  • Beste Prestasie vir Kinematografie in ’n Telenovela: Fotoregisseurs – Ntobeko Dlamini en Marc Brower;
  • Beste Akteur in ’n Telenovela: Mpho Sebeng; en
  • Gewildste Telenovela volgens die Publiek.

Plaaslike lokettreffer, Krotoa, het met nie minder as drie benoemings weggestap nie, waaronder:

  • Krotoa
    Krotoa

    Beste Aktrise in ’n Speelfilm: Crystal-Donna Roberts;

  • Beste Ondersteunende Aktrise in ’n Speelfilm: Roeline Daneel; en
  • Beste Prestasie vir Kostuumontwerp in ’n Speelfilm: Emma Moss.

Drie van hulle gewilde televisiereekse, Isikizi, Z’Bondiwe en Sara se Geheim, is ook met vyf benoemings vereer:

Isikizi:

  • Beste Prestasie vir Oorspronklike Musiek of Klankbaan in ’n Televisiedrama: Komponis, Murray Anderson en Sanger, Phila Madlingozi; asook
  • Beste Ondersteunende Aktrise in ’n Televisiedrama: Tina Jaxa.

Z’Bondiwe:

  • Beste Aktrise in ’n Televisiedrama: Zola Nombona; en
  • Beste Prestasie vir Grimering en Haarstilering in ’n Televisiedrama: Hoof van Hare en Grimering, Ellaine Ngubeni.

Sara se Geheim:

  • Beste Ondersteunende Aktrise in ’n Televisiedrama: Quanita Adams

SOSIALEMEDIASKAKEL

Die wenner van laasjaar (2017) se SAFTA vir Beste Kinderprogram, Disney Cookabout, wat deur Penguin Films en Disney VK vervaardig is, is weer in dieselfde afdeling benoem. Dit is ook vanjaar genomineer vir ’n Internasionale Kinder Emmy-toekenning.

Die amptelike SAFTA-toekenningseremonie vind, oor ’n tydperk van drie dae, by Sun City plaas vanaf 22 tot 24 Maart 2018.

Leave a Reply