1925Band stel nuwe enkelsnit vry – Waarom

0
40

1925Band - WaaromDie populêre broer-trio van die 1925Band, Reno, Jeff en David-Lee Gericke, het pas hul nuwe enkelsnit, Waarom, vrygestel.

Waarom, is geskryf deur ‘n familie-lid, Gert Steenberg (Stoney), terwyl Jeff ‘n paar jaar gelede daar gekuier het. “Almal het altyd baie vrae. Die grootste vraag is Waarom?. Waarom is die hemel blou, Waarom het ek die lied geskryf? Ons as band, vra gereeld, Waarom? Die lied herhinner ons dat die antwoord by jouself le – wie en wat jy wil wees. As jy jouself vra, dan word die antwoord gebore,” vertel David-Lee Gericke.

- Advertisement -

LIEDJIES OP DIE ALBUM

  1. Servette
  2. Fynbos
  3. Maak Dit Rerig Saak
  4. Gedig op Jou Arm
  5. Johny and the monkey
  6. Eintlik Nogal Baie
  7. Al Te Min Te Veel Gevra
  8. Emosionele Natuur
  9. Waarom
    Bonus Tracks
  10. Ahora Que Lo Pienso
  11. Eintlik Nogal Baie (Koor Weergawe)

SOSIALE MEDIASKAKELS

Waarom volg na vrystellings soos Eintlik Nogal Baie, Gedig op my Arm en Al Te Min Te Veel Gevra en Fynbos, wat steeds gereelde blootstelling op radio en televisie landswyd geniet. Hulle album, Eintlik Nogal Baie, is in 2017 vrygestel.

Die groep toer tans in Holland en doen ook landswye BeeGees Tribute vertonings wat baie gewild en in aanvraag is. Met hulle talent en uitstekende harmonie, bring hulle die skare behoorlik op hulle voete.

1925Band is geteken by Storm Rekordz en is gebasseer in die pragtige Kaap.

Leave a Reply