Almero reik video vir Monochromie uit!

0
46
Almero - Monochromie
Almero – Monochromie

Die uiters talentvolle Almero se nuutste treffer, MONOCHROMIE, is onlangs aan radio uitgereik. Dit is ‘n kragballade en gaan oor ‘n gevoel wat almal ervaar: die soeke na iemand wat ons tuis kan noem. Die aanslag van dié kragtige alternatiewe ballade is poëties en hartroerend en die ritme en melodie vars en meesleurend. Dit is die perfekte pasmaat vir Almero se unieke stem en storievertellerstyl, wat beslis reeds aanklank vind by gehore van alle ouderdomme.

Die musiekvideo vir hierdie liedjie is pas uitgereik en ‘n album word ook vir later vanjaar beplan.

- Advertisement -

“Monochromie se musiekvideo is ‘n elegante uitbeelding van wat in my gedagtes gebeur het tydens die skryf van die liedjie, saam met Ruan Graaff en Nico Welgemoed. Die intrige of storie agter die video is iets wat my baie na aan die hart lê: ‘n soektog na iemand. Die kamera vetolk die rol van die persoon wat soek, en die danseres is die persoon waarna gesoek word. Hierdie storie oor ‘n soektog is ook die ruggraat van die lied”, sê Almero.


Die video is in die hartjie van Johannesburg, op die dak van PropStars verfilm. Nico Welgemoed het die video vervaardig en Bouwer Bosch het die rol van regisseur vertol. Die danseres in die video is die ongelooflike talentvolle Zahré Harris. “Ek wou nog altyd dans in ‘n musiekvideo, maar weens my gebrek aan dans-talent moes ek maar tevrede wees met iemand wat rondom my dans!”, skerts Almero.

Oor sy musiek, sê Almero: “Dis vol (soms te veel) beelde en metafore en my stem is ’n instrument waarvan ek die handleiding verloor het.” Hy wil graag grense in die Afrikaanse musiekberyf verskuif deur diepsinnige lirieke met moderne en interessante klanke te kombineer. MONOCHROMIE versinnebeeld nie net hierdie doelwit nie, maar is ook ’n goeie aanduiding van wat luisteraars in die toekoms van hom kan verwag.

Monochromie is beskikbaar op die volgende platforms:

SOSIALEMEDIASKAKELS

Leave a Reply