Ander Mens on the big screen this weekend

0
17

From 23 August 2019, Ander Mens, from acclaimed director Quentin Krog, will be showing in local cinemas nationwide.

Ander Mens
Ander Mens

Bennie Fourie, Marlee van der Merwe, Frank Opperman, James Borthwick, André Weideman, Laudo Liebenberg, Tim Theron, Jana Cilliers, Lika Berning, Clyde Berning, Neels van Jaarsveld and more can be seen in the brand new action-packed film by acclaimed director Quentin Krog – Ander Mens – which promises to keep moviegoers on the edge of their seats until the very end.

- Advertisement -

Krog, known for his work on various box-office hits, such as Ballade vir ’n Enkeling, Vir die Voëls and Thys & Trix, as well as television series like Die Boekklub 1, Sterlopers 1, High Rollers and Die Byl 2 has been working in the film industry for a number of years, and was one of the founding members of Firestorm Productions in Cape Town, which earmarked the start of a very successful career. After leaving this company to return to Gauteng, he rapidly built his reputation and is currently viewed as one of the most sought-after local film directors.

Ander Mens tells the suspenseful tale of Daniël Niemand (Bennie Fourie), one of life’s punching bags, whose life is changed irrevocably when his wife (Roeline Daneel) leaves him for their marriage counsellor (Tim Theron) and his criminal employer completely disrupts his mediocre existence. Before long, not only is he used as bait by the policeman, Johannes Ackermann (James Borthwick), to capture this crime kingpin, but he also becomes the victim of a series of very unfortunate misunderstandings. Although this chaos leads to great tragedy, it also helps him to achieve an important personal victory.

The film is presented from the perspective of Lieutenant Erica Kruger (Marlee van der Merwe), from the police witness protection programme, and is based on the bestselling novel by popular New Zealand author, Zirk van den Berg, Nobody Dies (later translated to Afrikaans as Ander Mens), which received the kykNET-Rapport Award in the film category in 2014.

“While the basic storyline is the same, the film differs drastically from the book,” reveals Krog about the screenplay adaptation, which he undertook with the help of Sean Robert Daniels, Herman Binge and Frannie van der Walt. “The events and background stories of the characters have been adapted to better suit the format and duration of the film.”

Most of the action-packed events take place in the picturesque, mountainous Du Toitskloof area in the Cape. The film shifts local boundaries in terms of style and genre, and the same type of camera lens used for the 1970s hit The Godfather was used to great effect in this modern action-thriller.

Marche Media, an experienced Cape Town-based film and television production company, is the proud producer of this film. They are especially known for very successful projects such as kykNET series Waterfront, Die Spreeus, Die Byl 2, Dwaalster, Boer soek ’n Vrou and Mooimaak, as well as internationally acclaimed local feature films, such as Nobody’s Died Laughing (2015), Johnny Is Nie Dood Nie (2016), Kanarie (2018) en Die Seemeeu (2018).

“This film is a story about uncomfortable common characters who experience uncommon, surprising twists in their lives. It is told with tongue-in-cheek violence, humour and action, but also with a serious undertone, which presents the audience with a life lesson. It is mainly good unpretentious entertainment, but the message is clear that, if you are unsatisfied with your life and unhappy, do something about it! Do not wait for fate to push you into a dead-end,” says Herman Binge, director at Marche Media.

Bennie plays the role of the nerd, Daniël, who spends his entire life being bullied by the people around him. This respected actor and comedian, who is known for his roles in Vir die Voëls, Vuil Wasgoed, Mooirivier and Hotel, gained sixteen kilograms for his first lead and reckons that it helped a lot to place him in the shoes of his character.

“Many of the bad things that happen to Daniël, are things he allows to happen, and one of his biggest challenges is to reach the point where he takes control of his life,” reveals Bennie. “It was a difficult character to play, especially since he accepts things so complacently. I had to interpret him in such a way that the audience wouldn’t get annoyed with the fact that, for the majority of the film, he does not stand up for himself.”

Getroud met Rugby and the stage production of Aspoestertjie’s Marlee van der Merwe, who achieved fame for her roles in Pretville and Sterlopers, was eight months pregnant when she was approached to play the role of Erica Kruger, a serial killer with her own agenda. Not only did she have to work very hard to get rid of her extra baby weight, but she also had to spend time with a choreographer to train properly in order to make her fight scenes as convincing as possible.

“The physical aspect of this film was a wonderful experience and a great challenge. I discovered something about myself in the process, which is that I am stronger than I thought,” says Marlee. “Quentin is a director I would trust with any visual material. I feel very safe with him on set and he always handles actors with so much dignity.”

Although Frank Opperman (Orkney Snork Nie, Gautêng-alêng-alêng, Dis Koue Kos, Skat, Ouboet & Wors and Dominee Tienie) usually plays the role of the innocent joker, he is this time round the gang-leader, Frank.

“Because I usually play the idiot, I enjoyed being the villain for once. Frank is crazy and violent. He is a classical movie character,” Opperman says about the opportunity to step out of his comfort zone.

Mixed in with the blood and consternation, the viewer will definitely be confronted with many stereotypes, but will quickly realise that Ander Mens, uncovers deeper themes such as bullying, self-image, respect, relationships, family ties, violence and crime. It shows that even the most hardened personality can also sometimes become vulnerable and that, in the end, a Nobody can develop into a Somebody who can stand up for himself. This film promises to occasionally have audiences in stitches, due to the witty dialogue and dark humour, as well as delivering nail-biting suspense as the events unfold and they realise that it is every person’s responsibility to determine his own identity in life.

“The seriousness of the dramatic events on the screen is counter-balanced with sincere, effortless comedy, which makes it pleasing to watch,” says director Quentin Krog, when asked what sets Ander Mens apart from a regular action film. “It is the type of film in which audiences can lose themselves, but will also leave them laughing and biting their nails at the same time.”

Ander Mens was produced in collaboration with kykNET Films, M-Net Movies and the Department of Trade and Industry (DTI) and is distributed by Filmfinity (Pty) Ltd

Ander Mens, hierdie naweek op die grootskerm!

Vanaf 23 Augustus 2019 is bekroonde regisseur, Quentin Krog, se splinternuwe aksiebelaaide rolprent, ANDER MENS, in fliekteaters landswyd!

Vanaf 23 Augustus 2019 is Bennie Fourie, Marlee van der Merwe, Frank Opperman, James Borthwick, André Weideman, Laudo Liebenberg, Tim Theron, Jana Cilliers, Lika Berning, Clyde Berning, Neels van Jaarsveld en meer te sien in die bekroonde regisseur, Quentin Krog, se splinternuwe aksiebelaaide rolprent – ANDER MENS – wat beloof om fliekgangers tot aan die einde op die punte van hulle stoele te hou.

Kyk die lokprent hier: https://www.youtube.com/watch?v=NM7zUkjcZ2c

Krog, wat bekendheid verwerf het vir sy werk op lokettreffers soos Ballade vir ’n Enkeling, Vir die Voëls en Thys & Trix, asook televisiereekse soos Die Boekklub 1, Sterlopers 1, High Rollers en Die Byl 2 werk al vir verskeie jare in die rolprentbedryf en was een van die stigterslede van Firestorm Productions in die Kaap, wat die begin was van ’n baie suksesvolle loopbaan. Nadat hy dié maatskappy verlaat het om terug te trek Gauteng toe, het hy baie vinnig naam gemaak en word hy deesdae as een van die mees gesogte plaaslike rolprentregisseurs beskou.

ANDER MENS vertel die spanningsvolle verhaal van Daniël Niemand (Bennie Fourie), een van die lewe se slaansakke, wie se omstandighede onherroeplik verander nadat sy vrou (Roeline Daneel) hom los vir hulle huweliksberader (Tim Theron) en ’n skelm werkgewer sy saai bestaan heeltemal omvergooi. Voordat hy sy oë kan uitvee, word hy nie net deur die polisieman, Johannes Ackermann (James Borthwick), as lokaas gebruik om dié krimineelbaas vas te trek nie, maar word hy ook die slagoffer van ’n hele reeks misverstande. Hoewel dié chaos tot groot tragedie lei, help dit hom ook om ’n belangrike persoonlike oorwinning te behaal.

Die fliek word aangebied vanuit die perspektief van Luitenant Erica Kruger (Marlee van der Merwe), van die getuiebeskermingsprogram in die Kaap, en is gebaseer op die gewilde Nieu-Seelandse skrywer – Zirk van den Berg – se topverkoperroman, Nobody Dies (later vertaal as ’n Ander Mens), wat in 2014 bekroon is met die kykNET-Rapportprys in die rolprentkategorie.

“Alhoewel die basiese storielyn dieselfde is, verskil die film drasties van die boek,” verklap Krog oor dié draaiboekverwerking wat hy met behulp van Sean Robert Daniels, Herman Binge en Frannie van der Walt aangepak het. “Die gebeure en agtergrondstories van die karakters is aangepas om beter by die formaat en tydsduur van die rolprent te pas.”

Die meeste van die aksiebelaaide gebeure speel af teen die prentjiemooi berglandskap van Du Toitskloof in die Kaap. Omdat die film ook grense verskuif in terme van styl en genre op plaaslike bodem, is daar gebruik gemaak van dieselfde tipe kameralens as wat daar vir die 70’s-treffer, The Godfather, gebruik is en wat heel gepas is vir dié moderne aksieriller.

Marche Media, ’n bekende Kaapse rolprent- en televisieproduksiemaatskappy, is die trotse vervaardiger van hierdie fliek. Hulle is veral bekend vir uiters suksesvolle projekte soos die kykNET-reekse Waterfront, Die Spreeus, Die Byl 2, Dwaalster, Boer soek ’n Vrou en Mooimaak, asook internasionaal-bekroonde plaaslike vollengte films, waaronder Nobody’s Died Laughing (2015), Johnny Is Nie Dood Nie (2016), Kanarie (2018) en Die Seemeeu (2018).

“Hierdie rolprent is ’n verhaal van ongemaklike gewone karakters wat ongewone, verrassende wendings in hulle lewens ervaar. Dit word vertel met tong-in-die-kies-geweld, humor en aksie, maar ook met ’n ernstige ondertoon, wat ’n lewensles aan die gehoor voorhou. Dit is hoofsaaklik net goeie onpretensieuse vermaak, maar die boodskap is duidelik dat as jy nie tevrede is met jou lewe nie en ongelukkig is, jy iets daaraan moet doen! Moenie wag dat die noodlot jou in ’n doodloopstraat druk nie,” sê Herman Binge, vervaardiger en een van die direkteure van Marche Media.

Bennie vertolk die rol van die bleeksiel, Daniël, wat sy hele lewe lank deur die mense rondom hom geboelie word. Dié geliefde akteur en komediant, wat veral bekend is vir sy rolle in Vir die Voëls, Vuil Wasgoed, Mooirivier en Hotel, het sestien kilogram opgetel vir sy eerste hoofrol en meen dat dit baie gehelp het om hom in die skoene van sy karakter te plaas.

“Baie van die slegte goed wat met Daniël gebeur, is die goed wat hy toelaat om te gebeur en een van sy grootste uitdagings is om op daardie punt te kom wat hy beheer vat van sy lewe,” verklap Bennie. “Dit was ’n moeilike karakter om te speel, omdat hy dinge net so goedsmoeds aanvaar en ek dit op so ’n manier moes vertolk dat hy nie vir kykers irriterend raak omdat hy vir die grootste deel van die prent nie opstaan vir homself nie.”

Getroud met Rugby en die verhoogproduksie van Aspoestertjie se Marlee van der Merwe, wat bekendheid verwerf het vir haar rolle in Pretville en Sterlopers, was agt maande swanger toe sy genader is om die rol van Erica Kruger, wat ook ’n reeksmoordenaar met haar eie agendas is, te speel. Nie net moes sy hard oefen om van haar ekstra babagewig ontslae te raak nie, maar ’n choreograaf moes haar ook behoorlik oplei om die vegtonele so oortuigend as moontlik te vertolk.

“Die fisiese aspek van die fliek was vir my ’n wonderlike ervaring en ’n lekker uitdaging. Ek het iets van myself ontdek in die proses, naamlik dat ek baie sterker is as wat ek ooit gedink het,” vertel Marlee. “Quentin is ’n regisseur wat ek met enige beeldmateriaal vertrou. Ek voel baie veilig met hom op stel en hy hanteer akteurs altyd met soveel waardigheid.”

Alhoewel Frank Opperman (Orkney Snork Nie, Gautêng-alêng-alêng, Dis Koue Kos, Skat, Ouboet & Wors en Dominee Tienie) gewoonlik die rol speel van ’n doodgoeie grapjas, is hy hierdie keer die bendeleier, Frank.

“Omdat ek altyd die idioot speel, het ek dit baie geniet om vir ’n slag die skurk te wees. Frank is so mal soos ’n haas en hou van bloed. Hy is ’n klassieke rolprentkarakter,” verklap Opperman oor die kans om uit sy gemaksone te tree.

Tussen die bloed en konsternasie deur, sal die kyker beslis gekonfronteer word met baie stereotipes, maar ook gou besef dat ANDER MENS dieper temas soos afknouery, selfbeeld, respek, verhoudings, familiebande, geweld en misdaad aan die kaak stel, wys dat selfs die mees geharde persoonlikheid ook soms weerloos kan wees én dat ’n Niemand op die ou einde ook kan ontwikkel in ’n Iemand wat kan opstaan vir homself. Die rolprent beloof om gehore met tye te laat skaterlag as gevolg van spitsvondige dialoog en donker humor, asook te laat naels kou soos wat die gebeure ontvou en hulle besef dat dit elke mens se verantwoordelikheid is om sy eie identiteit in die lewe te bepaal.

“Die erns van die dramatiese gebeure op die grootskerm, word uitgebalanseer deur opregte moeitelose komedie, wat dit lekker maak om na te kyk,” sê Quentin oor wat ANDER MENS laat verskil van die gewone aksieprent. “Dit is die tipe rolprent waarin gehore verlore kan raak en wat hulle terselfdertyd ook sal laat lag en naelskou.”

ANDER MENS is vervaardig in samewerking met kykNET Films, M-Net Movies en die Departement van Handel en Nywerheid (DTI) en word plaaslik versprei deur Filmfinity (Edms) Bpk.

SOSIALEMEDIASKAKELS
Facebook: @AnderMens2019
Twitter: @ander_mens_film
Instagram: @AnderMensFilm

PUBLISITEIT EN BEMARKING
Starburst Promosies
Alishia van Deventer
Sel: 083 635 4717
E-pos: alishia@starburstmusic.co.za
Webblad: www.starburstmusic.co.za

Artslink.co.za Account:
alishia@starburstmusic.co.za
083 635 4717
Starburst Promotions
www.starburstmusic.co.za

Web site: http://www.starburstmusic.co.za

Leave a Reply