Bobby en Karlien in Kaapstad op 11 Augustus

0
44
Beleef ‘n aand van musiek en stories waarmee ons twee al lank loop... Bobby & Karlien
Beleef ‘n aand van musiek en stories waarmee ons twee al lank loop… Bobby & Karlien

Bobby en Karlien van Jaarsveld bring hul uitstekende produksie In Ons Skoene na Kunstekaap Operahuis slegs vir een aand op Saterdag 11 Augustus 2018Elkeen het bagasie, uitgetrapte skoene en ‘n padkaart na hoop…

Beleef ‘n aand van musiek en stories waarmee ons twee al lank loop… Bobby & Karlien

- Advertisement -

In Ons Skoene is eksklusief en uniek.

Bobby & Karlien van Jaarsveld sing hulle treffers, gunsteling liedjies en vertel meer van hulle lewens. Hierdie 90- minute produksie met ‘n 5-stuk orkes, sal jou op ‘n reis in hulle skoene neem…

Beide Bobby en Karlien het al diep spore getrap in die musiekbedryf. Albei het al hoofrolle vertolk in musiekblyspele en ook in films. Karlien was die algehele wenner van Strictly Come Dancing en Bobby natuurlik ‘n ‘coach’ in The Voice SA.

En NOU, vir die eerste keer doen hierdie broer en suster ‘n hele produksie saam, op een verhoog, en deel hulle reis – IN ONS SKOENE. Die produksie beloof om aanhangers op ‘n reis te neem in die skoene van Bobby en Karlien van Jaarsveld en hulle op ‘n ander vlak te leer ken!

11 Augustus 2018
20:00

Artscape Opera, Kaapstad

Kaartjies beskikbaar by Computicket vanaf R160.00

Leave a Reply