Douvoordag reik nuwe enkelsnit uit

0
36

Artsvark Presser

Artsvark Presser is directly connected to the South African Arts Community, and spits out press releases and other news as passed on by community members.
Artsvark Presser

Dié duo maak positiewe, hoopvolle en energieke musiek en het ‘n eie en unieke klank wat musiekliefhebbers gaande het.

Douvoordag - Die Avontuur
Douvoordag – Die Avontuur

Op 5 Oktober 2018 het DOUVOORDAG (Ilse en Jattie de Beer) hul debuut-album, DIE AVONTUUR, uitgereik en het dié album byna onmiddellik die nommer een posisie op iTunes ingeneem! Hulle eerste enkelsnit vanaf die album getiteld, MANIFES, is ongelooflik goed deur radiostasies landswyd ontvang en kan steeds gereeld op nasionale radio gehoor word terwyl die musiekvideo vir ‘n geruime tyd op die kykNET Top20 gepryk het.

- Advertisement -

Dié duo maak positiewe, hoopvolle en energieke musiek en het ‘n eie en unieke klank wat musiekliefhebbers gaande het. Hulle tweede enkelsnit getiteld, DIE AVONTUUR, word nou, gedurende die laaste week van Januarie 2019 aan radiostasies landswyd uitgereik en die musiekvideo vir hierdie treffende lied sal gedurende Februarie 2019 bekendgestel word.

“DIE AVONTUUR nooi luisteraars om op te hou wag vir ‘n beter lewe en die kanse te vat en dinge te doen waaroor jy nog altyd droom. Om ja te sê vir die avontuur, is om ja te sê vir hoop en nee vir berou en vrees – om in jou oudag terug te kyk en te kan sê ek het gelewe. So klim die berg, koop die vliegtuigkaartjie, vra haar om te trou, begin jou eie besigheid. Die avontuur begin nou!” sê Jattie.

DIE AVONTUUR is verkrygbaar op digitale platforms {https://INHOUDHUIS.lnk.to/DvD} en is beskikbaar in alle goeie musiekwinkels.

SOSIALEMEDIA:
Facebook: www.facebook.com/douvoordag
Instagram: www.instagram.com/douvoordag
Twitter: www.twitter.com/douvoordagband
Webblad: www.douvoordag.com

Leave a Reply