Keeping up with the Kandasamy’s (AFR)

0
84
Jailoshini Naidoo as Jennifer Kandasamy and Maeshni Naicker as Shanti Naidoo
Jailoshini Naidoo as Jennifer Kandasamy and Maeshni Naicker as Shanti Naidoo

Wees lief vir jou bure… moet net nie uitgevang word nie!

Die suksesvolle vervaardigers van Hard to Get en Happiness is a Four Letter Word is terug met ’n splinternuwe kompeterende, familiekomedie, KEEPING UP WITH THE KANDASAMY’S, met Durbanse filmmaker, Jayan Moodley (White Gold), as regisseur en Helena Spring asook oorlede, Junaid Ahmed, as vervaardigers.

Madhushan Singh as Prishen Naidoo
Madhushan Singh as Prishen Naidoo

KEEPING UP WITH THE KANDASAMY’S, wat deur Moodley beskryf word as “’n liefdesbrief aan Chatsworth”, is in die Suid-Afrikaanse dorp, Chatsworth, in Durban verfilm. Dié komiese fliek, met Jailoshini Naidoo (Eastern Mosaic, Lotus FM) en Maeshni Naicker (Broken Promises) in die hoofrolle, vertel die verhaal van twee matriargale aardsvyande van buurgesinne, wie se kinders op mekaar verlief raak, ten spyte van hulle beste pogings om die twee se verhouding te kelder. Dit dwing hulle om te besef dat “ware liefde altyd wen”.

Mariam Bassa as Aya Kandasamy
Mariam Bassa as Aya Kandasamy
- Advertisement -

“Shanti Naidoo (Maeshni Naicker) is ’n tipiese A-persoonlikheid. Sy is altyd besig, gaan uit haar pad uit om ander mense gelukkig te hou en probeer opmaak vir haar tekortkominge deur gereeld ’n storm los te kook in die kombuis. Haar lewe sou perfek gewees het, as dit nie was vir haar buurvrou, Jennifer Kandasamy (Jailoshini Naidoo), wat haar altyd een voor is nie.

Mishqah Parthiephal as Jodi Kandasamy
Mishqah Parthiephal as Jodi Kandasamy

Wanneer Jennifer besef dat haar dogter, Jodi (Mishqah Parthiephal), verlief is op Shanti se seun, Prinesh (Madhushan Singh), is sy vasberade om die verhouding stop te sit. Sy het egter die hulp van haar aardsvyand nodig om haar plan uit te voer. Die twee vroue konkel en beplan saam, soek ander potensiële maats vir hulle kinders, en meng oor die algemeen net in waar hulle kan”, vertel Spring.

Ander bekendes, soos Mishqah Parthiephal, Madhushan Singh, Mariam Bassa, Rajesh Gopie, Koobeshen Naidoo en Neil Govender, is ook nie die fliek te sien.

Maeshni Naicker as Shanti Naidoo
Maeshni Naicker as Shanti Naidoo

KEEPING UP WITH THE KANDASAMY’S is vervaardig in samewerking met M-Net en die DTI, word versprei deur Ster-Kinekor Entertainment en sal op 3 Maart 2017 in fliekteaters, regoor die land, uitgereik word.

Sosialemediaskakel: TwitterInstagramFacebook
Hashtag: #ChatsworthStyle #KandasamysMovie

 

Leave a Reply