Lefra het 3 produksies by Taste of Tzaneen

0
28

Lefra is aan die brand by Die Taste of Tzaneen-fees met drie produksies – Liewe Heksie, Helene Bester Sing Nana Mouskouri en Groet die Grotman 2.

Liewe Heksie (Ana van Achterbergh) bak koekies
Liewe Heksie (Ana van Achterbergh) bak koekies

Lefra is aan die brand by vanjaar se Taste of Tzaneen-fees, met drie top produksies wat op Saterdag, 2 November op die planke is in die Limpopo Theatre Hall by die Fairview Hotel. Die jongspan kan nader skuif wanneer Liewe Heksie en haar Blommelandmaats om 14:00 kom kuier. Helene Bester bring hulde aan die Griekse sangeres Nana Mouskouri in die produksie Helene Bester sing Nana Mouskouri om 18:00. Mans en vrouens is steeds van verskillende planete… kom herken jouself in Groet die Grotman 2 met Wynand van Vollenstee om 20:00. Alle besprekings kan gedoen word by Quicket by www.cuicket.co.za. Al die produksies word aangebied met die trotse ondersteuning van RSG, Sounds Good, Hollywood Costumes, Van Loveren Wines and Stuttaford Van Lines.

- Advertisement -

Frans Swart, Besturende Direkteur van Lefra, sê dis vir Lefra werklik ‘n voorreg om hierdie top produksies na Tzaneen toe te bring! “Ons produksies speel reeds die afelope jare voor vol teaters regoor die land, en juis daarom is dit vanjaar so lekker om ook by die Taste of Tzaneen-fees te speel met ‘n wye verskeidenheid top produksies. Ons glo ook dat produksies soos Liewe Heksie, Helene Bester sing Nana Mouskouri en Groet die Grotman 2 baie waarde sal toevoeg tot die fees. Die produksies verkoop regoor die land uit en dit is werklik trefferproduksies, en is ons baie opgewonde en dankbaar dat ons hierdie produksies Tzaneen toe kan bring.”

 

Liewe Heksie - Karring (Phillru van Achterbergh), Blommie (Debre Rossouw), Heksie (Ana van Achterbergh) en Kwaaitjie (Botha Enslin).
Liewe Heksie – Karring (Phillru van Achterbergh), Blommie (Debre Rossouw), Heksie (Ana van Achterbergh) en Kwaaitjie (Botha Enslin).

Liewe Heksie
Deur Verna Vels
Verwerking & Regie: Frans Swart
Met Ana Van Achterbergh As Liewe Heksie En Debrè Opperman, Botha Enslin En Phillru Van Achterbergh

Lefra Produksies toer reeds sedert 2009 met baie suksesvolle Liewe Heksie-produksies. Twee nuwe Liewe Heksie stories het nou die lig gesien en die jongspan kan nader skuif, want Liewe Heksie en haar kaboutermaats besoek die Taste of Tzaneen-fees op Saterdag, 2 November om 14:00. Om Verna se 80ste verjaarsdag te vier, het regisseur Frans Swart vir Verna oortuig om ‘n splinternuwe Liewe Heksie-storie te skryf. So is hierdie nuwe Heksie-teaterproduksie gebore – Liewe Heksie en die Tuindwergie. “Ek wou nog altyd gehad het dat Heksie ‘n tuindwergie ontmoet,” sê Verna “en wou sien wat Heksie met die Tuindwergie doen. En glo my, ek is seker sy gaan weer in die moeilikheid kom! Ons maatjies moet maar kom kyk wat vang Heksie met die Casper, die tuindwergie aan.”

Frans Swart, ook regisseur van Liewe Heksie sê hy is baie opgewonde dat Verna die nuwe storie spesiaal vir hom geskryf het en ook aan hom toevertrou het. “Liewe Heksie het deur die jare so ‘n groot invloed op my lewe gespeel, want ek was kameraman op die Heksie-televisiereekse. Behalwe dat ek grootgeword het met Liewe Heksie, het Heksie in my hart kom inkruip met die televisiereekse. Dit is vir my ‘n besondere eer om Liewe Heksie en die Tuindwergie op te voer en dis so besonders, want dis ‘n vars en splinternuwe storie,” sê Swart.

Voor pouse word Liewe Heksie en Botterblom opgevoer. Botterblom is Blommeland se koei wat vir die hele Blommeland melk verskaf. Maar Botterblom is kwaad. Karring, Blommeland se melkkabouter, laat niemand by Botterblom toe nie en Botterblom raak baie eensaam. Dan begin die poppe (of is dit nou koeie?) dans. Na pouse is dit dan Liewe Heksie en die Tuindwergie, waar ons Casper die tuindwerg ontmoet toe hy een oggend in Heksie se tuin wakker word. Maar wie kruip daar agter ‘n boom weg? Is dit die nare gifappeltjies?

Vier uiters talentolle akteurs gee aan die Liewe Heksie-karakters lewe op die verhoog. Anmari van Achterbergh speel die rol van Liewe Heksie, Botha Enslin die rolle van Mattewis, Kwaaitjie Kabouter, die Geelheks, Borrie die Gifappeltjie, Griet, Karel Kat, Botterblom en Koning Rosekrans. Debrè Opperman is te siene as Blommie, Kerrie die Gifappeltjie en Koning Rosekrans. Phillru van Achterbergh vertolk onder andere Casper, die Tuindwergie, Borrie die Gifappeltjie, Karring en Klein Kwaaitjie.

Helene Bester - Nana Mouskouri
Helene Bester – Nana Mouskouri

Helene Bester Sing Nana Mouskouri
Met Helene Bester | Teks En Regie: Frans Swart

Helene Bester bring in haar produksie – Helene Bester sing Nana Mouskouri – hulde aan hierdie ikoniese Griekse sangeres. Bester se produksie is hierdie jaar onder groot toejuiging by die OPPIWATERKUNSTEFEES bekendgestel. Die teks en regie word hanteer deur Frans Swart van Lefra Produksies en musiekregie is te danke aan Heinrich Pelser. Helenè Bester sing Nana Mouskouri word met die trotse ondersteuning van RSG, Sounds Good, Featherview Oogkundiges, Fleur by Julene Rokebrand, Van Loveren Wines and Stuttaford Van Lines aangebied en speel by die Taste of Tzaneen-fees op Saterdag, 2 November om 18:00.

“Ek het nog altyd daarop gehoop om ‘n Nana-vertoning te doen. Ek is so mal oor haar stem en ek en my sussie het met haar musiek groot geword” vertel Helenè. “Ons het rerig gedink dat sy ‘n vriendin is van my ma. My ma en sy lyk so eenders. Tog dink ek dat die tyd nou eers ryp is vir my, om die vertoning te doen. Ek glo nie dat ek hierdie musiek so goed sou kon interpreteer 10 jaar terug nie. My stem is ook ouer en klink dalk meer volwasse, wat ek glo meer by haar teikengehoor aanklank vind.” Ek’t haar musiekvideo’s “opgeswot” om te kyk hoe sy beweeg op die verhoog, wat sy met haar hande doen en hoe sy ‘n gehoor aanspreek. Mens wil dit tog so geloofwaardig moontlik maak. Regisseur Frans Swart stem saam: “Toe Helenè my oor hierdie projek nader,was ek dadelik opgewonde. Wie dan nou beter as die talentvolle Helenè om hulde te bring aan die tydlose en elegante Nana Mouskouri?”

Behalwe sangeres, is Helenè by tye liedjieskrywer, stemkunstenaar en televisie-aanbieder. Sy het reeds bekendheid verwerf in Suid-Afrika en Namibië as Afrikaanse sanger. Sy het die mark in 2002 betree met haar debuutalbum Wens, en het sedertdien ses suksesvolle CD’s vrygestel. In 2004 is Helenè ook benoem vir ‘n Geraas-toekenning, in die kategorie – gunsteling vroulike kunstenaar (kontemporer) vir haar tweede album, Ek hou van jou. Van die grootste hoogtepunte in haar loopbaan gebeur in 2005, 2006 en 2007, toe sy die voorreg gehad om op te tree tydens Huisgenoot Skouspel. Haarde derde album, Oorgee word ook in 2007 vrygestel. In 2009 sien die Grootste Treffers van Helenè Bester die lig en bied sy ook die program Droomhuis aan.

In 2012 sing Helenè en Gerhard Steyn het die Huisgenoot Tempotoekennings se wen-liedjie, die duet Nie te laat nie, en stel sy ook haar vyfde album, Tussen die lyne vry. In dieselfde jaar word Helenè ook genomineer vir ‘n Tempo-toekenning as gunsteling vroulike kunstenaar – kontemporer. In 2013 is sy genomineer as inspirasievrou van die gewilde vrouetydskrif, Finesse, en ook vir ‘n Ghoema-toekennning as gunsteling vroulike kunstenaar – kontemporer. Helenè besluit om in 2016 die kindermark te betree met haar album Helene Bester en Kristi Kat op die plaas, gevolg deur die Kristi Kat videos op YouTube. Helene en Kristi Kat se gewildheid is steeds geliefd onder die jongspan ensy besoek steeds skole landwyd met die produksie.

Helenè stel twee enkelsnitte vry wat groot impak maak op haar teikenmark. Die eerste een, Elke Dag verskyn in 2014 en verlede jaar het sy die enkelsnit, ‘n Storie van eerstes (deur Cobus geskryf) saam met haar broer Cobus Bester vrygestel. Sy en haar broer tree saam op by korporatiewe geleenthede. Televisiekykers sal Helenè ook onthou as beoordelaar van die skolerevueprogram, Revue!

Dit was vir Helenè ‘n opwindende besluit om hulde te bring aan Nana Mouskouri. “Nana is vandag nog net so gewild omdat mense, van my ouderdom, ook na haar musiek geluister het. Ons laat haar musiek voortleef. Sy het 300 miljoen plate verkoop en kan vyf tale praat en sing. Dit maak dat sy in soveel lande superbekend is”, sê Helenè. “Sy is ‘n liefling onder haar aanhangers, sy’s nederig en spring nie op-en-af om haar musiek aan jou bekend te maak nie. Sy’t bekende “songs” NOG bekender gemaak. Sy’t treffers gemaak van elke lied wat sy opgeneem het, bv. Cucurrucucu, Only love, White rose of Athens ens. En NATUURLIK is haar dogter se naam ook Helene – word presies soos my naam uitgespreek. Dit wys jou – dalk is sy en my ma TOG famlie!!”

GROET DIE GROTMAN 2
GROET DIE GROTMAN 2

Groet Die Grotman 2
Met Wynand Van Vollenstee As Grotman
Teks En Regie: Frans Swart

Ons het sommer baie goeie nuus vir Suid-Afrika. Groet die Grotman 2 betree weer die verhoog in Suid-Afrika en Grotman is by vanjaar die Taste of Tzaneen-fees op Saterdag, 2 November om 20:00 op die planke. Lefra se wegholsuksesproduksie, Groet die Grotman, het vir langer as 10 jaar gespeel met meer as 1,000 vertonings regoor die land. Dit hou steeds die rekord vir die produksie wat die langste in Suid-Afrika gespeel het.

Dit is twintig jaar later. Grotman en Elize is steeds gelukkig getroud … of is hulle? Die kinders is tieners met hul eiesoortige uitdagings. Grotman het sy rookseine verruil vir WhatsApp-boodskappe, eposse, iPhones, Facebook en Twitter. Die verskille tussen Mans en Vrouens is steeds daar, want mans is steeds van Mars en vrouens van Venus. Lefra kondig met trots aan dat Wynand (Karate Kallie) van Vollenstee die rol van Grotman 2 gaan speel. Wynand is ‘n bekende in die komiese teater en hy word deesdae ook gesien in Willie Esterhuizen se baie suksesvolle Ouboet en Wors as Gielie. Frans Swart het die teks geskryf en hanteer ook die regie.

Vrouens … julle gaan julle mans herken in Groet die Grotman 2 en jy kan gerus maar jou man in die ribbes pomp. Meneer, jy gaan beslis jou vrou in Groet die Grotman 2 herken … so wys maar gerus die wysvinger vir Mevrou … net nie die middelvinger nie! Saam gaan mans en vrouens weer heerlik lag en sommer gratis terapie ontvang vir die huwelik. Kom kyk Groet die Grotman 2!

Leave a Reply