Michael Blignaut stel tweede enkelsnit bekend!

0
13

Artsvark Presser

Artsvark Presser is directly connected to the South African Arts Community, and spits out press releases and other news as passed on by community members.
Artsvark Presser

Michael voel luisteraars sal aanklank vind by die lirieke van HEMELWATER, veral omdat dit uit ‘n persoonlike ervaring geskryf is.

Michael Blignaut - Hemelwater
Michael Blignaut – Hemelwater

Die donkerkop-sanger van Piet Retief, Michael Blignaut, het pas sy tweede enkelsnit, HEMELWATER bekendgestel.

- Advertisement -

HEMELWATER is deur Vaughan en Nerine Gardiner geskryf en geïnspireer deur hul verhouding toe hulle mekaar ontmoet het.

“As ‘n paartjie is daar baie keer ‘n geval waar die regte persoon op die regte tyd in jou lewe instap, asof daardie persoon deur God vir jou gestuur word om jou heel te maak. Jou paaie kruis dalk gereeld met daardie persoon, maar die tyd was nog nie reg om een met mekaar te word nie en dan, wanneer jy dit die minste verwag slaan daardie persoon jou voete onder jou uit en jy besef, hierdie is my maat vir ewig en vir altyd,” sê Michael.

Michael voel luisteraars sal aanklank vind by die lirieke van HEMELWATER, veral omdat dit uit ‘n persoonlike ervaring geskryf is.

“Hemelwater is een van daardie liedjies wat opbou soos wat die liedjie gesing word en die transponasie na die brug gedeelte bevestig opnuut dat deur die regte persoon in jou lewe te hê, jy heel gemaak kan word van die seer uit jou verlede, en dat daardie persoon totaal en al jou geluk is,” voeg Michael by.

“Ons twee maak sin, ons twee is een. Ons paaie uitgelê van die begin. Jy’s gestuur uit hemel blou, om my uit niks op te bou,” lui die lirieke in die koor van hierdie snit. ‘n Musiekvideo vir hierdie pragtige snit is ook tans in beplanning en sal binnekort uitgereik word.

HEMELWATER is nou op alle digitale platforms beskikbaar. Volg die skakel om die liedjie nou aan te skaf:

Leave a Reply