My Vrou se Man se Mannetjie kuier by Vrystaat Kunstefees

0
33
Johan Joubert en Cobus Venter in My Vrou se Man se Mannetjie
Johan Joubert en Cobus Venter in My Vrou se Man se Mannetjie

Lefra Produksies doen dit weer – vanjaar se splinternuwe klug is … wag vir dit … My Vrou se Man se Mannetjie en ons kuier by vanjaar se Vrystaat Kunstefees in Bloemfontein.

My Vrou se Man se Mannetjie speel in die Sand du Plessisteater met vertonings op Dinsdag, 10 Julie @ 19:30, Woensdag, 11 Julie @ 19:30, Donderdag, 12 Julie @ 10:00 en Vrydag, 13 Julie @ 10:00. Besprekings kan by Computicket gedoen word deur 0861 915 8000 te skakel, of op die webwerf www.computicket.com.  Groepe van 10 of meer kry oudergewoonte ‘n lekker afslag deur ons te skakel by 011 815 3000 of stuur ‘n e-pos aan admin@lefra.com.  Vir meer inligting, besoek www.lefra.com of www.mannetjie.co.za  MY VROU SE MAN SE MANNETJIE word aangebied met die vriendelike samewerking van Stuttaford van Lines, RSG, Sound Good, Hollywood Costumes en Bains Lodge in Bloemfontein.

My Vrou se Man se Mannetjie - Edrien Erasmus and Cobus Venter
My Vrou se Man se Mannetjie – Edrien Erasmus and Cobus Venter
- Advertisement -

Isak (Cobus Venter) en Linda (Edrien Erasmus) se huwelik is op ‘n 17 jaar-jeuk. Linda voel dat sy meer uit die lewe wil hê … veral meer opwinding. Isak aan die anderkant is heel gelukkig met sy saai lewe – hy het ‘n suksesvolle kunsblommebesigheid en sy hele bestaan word deur die besigheid oorgeneem. Linda voel egter dis tyd om te skei en arme Isak is in die donkterte dieptes. Voeg egter daarby ‘n seniele oupa Arnoldus (meesterlik vertolk deur Paul Lückhoff), inmengerige bure, Herman (Johan Joubert) en Bettie (Tessa Denton) en ‘n sestienjarige, jeukerige seun, Chris (Rowlen von Gericke), en jy het ‘n totale resep vir chaotiese lekkerlag!

Frans Swart, regisseur sê dat dit elke jaar nogal ‘n uitdaging is om op die vorige jaar se klug te verbeter. “Ek dink egter vanjaar se My Vrou se Man se Mannetjie is skreeusnaaks en ook splinternuut. Dit het ‘n lekker storielyn en ek glo dat heelwat paartjies hulself met die situasies sal kan vereenselwig. So kan jy ook in die proses vir jouself lag. Ek sê dit elke jaar, maar sê dit maar weer – elke Lefra-klug is splinternuut en nie ‘n opvolg op enige van die vorige klugte nie. Elke klug is totaal uniek en nuut.”

My Vrou se Man se Mannetjie - Tessa Denton en Johan Joubert
My Vrou se Man se Mannetjie – Tessa Denton en Johan Joubert

Oor die laaste dertien jaar trap Cobus Venter diep spore as sanger en akteur met hoofrolle in musiekblyspele soos My Fair Lady, Fiddler On The Roof, Dis Hoe Dit Was, Ons Vir Jou, Shaka Zulu, Jock of the Bushveld, Tree Aan!, Ester Die Musical, Cinderella, Jesus Die Musiekblyspel en Droomkind. In 2010 word hy twee keer genomineer vir ’n Mercury Durban Theatre toekenning – as Don Quixote in Man of La Mancha en as Freddy Einsford-Hill in My Fair Lady – wat hy wen vir sy vertolking van Freddy. Cobus maak ook sy merk op die dramaverhoog in produksies soos Siener In Die Suburbs (KKNK 2002), Swaelduif (KKNK 2003) en Full Circle in 2006. As iemand wat daarvan hou om mense te laat lag wys hy ook sy slag in twee klugte onder regie van Frans Swart: My Boetie se Boetie se Baba en Daa’ gaat die Bruid! Sy hoogtepunte as klassieke tenoor sluit in: die Afrikaanse Oratorium, Die Skepping en die rol van posmeester Smit in die nuwe Afrikaanse opera, Poskantoor, wat onlangs as beste produksie by Aardklop 2014 bekroon is. Cobus was onlangs te sien in die rol van Ferdi in Binnelanders.

My Vrou se Man se Mannetjie - Paul Luckhoff en Stompie
My Vrou se Man se Mannetjie – Paul Luckhoff en Stompie

Die talentvolle aktrise en sangeres Edrien Erasmus begin in 2002 opvoerings doen onder die naam E3n en stel twee solo albums vry, Big Ben en Huisie innie Stad. In 2008 & 2009 is sy deel die koorgeselskap van Add LIfe Produksies se Houtkruis, die Musical en is in dieselfde tyd te sien in Deon Opperman se Ons Vir Jou. Televisiekykers sal haar onthou as die sekretarese Yvette in Sewende Laan. Van haar ander rolle sluit in Ragel in die musiekblyspel Esther in 2011, Mrs. Chamberlain in die derde speelvak van Ons Vir Jou en ‘n verskyning Lied Van My Hart. Sy doen in haar vrye tyd Poppeteater en 2011 vorm sy deel van die kinderteatergeselskap Boek Buddies. In 2010 slaag sy haar Graad 8 “Rock School” eksamen deur Trinity College met lof, en het ook in 2011 haar Graad 8 in Opera met lof geslaag. Praat van veelsydig!

Paul Luckhoff en Tessa Denton in My Vrou se Man se Mannetjie
Paul Luckhoff en Tessa Denton in My Vrou se Man se Mannetjie

Paul Lückhoff is veral bekend vir sy rol as Oom Wimpie in die sepie Binnelanders. Op die verhoog word hy veral onthou as Saul in Dalene Matthee se Kringe in ‘n Bos, en het die rol op die verhoog vir bykans nege jaar vertolk. Paul vertolk tans ook die rol van Elias van Rooyen in Lefra se verhoogweergawe van Fiela se Kind. Hy wou as kind nooit akteur word nie, maar nadat hy aan ‘n beroepsbegeleier tydens sy diensplig genoem het dat hy graag wil “stront praat oor die radio”, het die hom aangeraai om drama te gaan studeer. Sedertdien was hy in meer verhoogstukke as wat hy kan tel, ook in kinder en jeugteater. Hy was onder andere te sien as Speuder Davenport in Lefra se 2013 klug, My Vrou se Man se Lyk se Tas, en as Herman Charles Bosman se ikoniese Oom Schalk Lourens in Oom Schalk Lourens se Mampoerstories. Televisiekykers herken hom steeds as die kultusleier Menasse van Egoli, en sy rol as Pop in die rolprentweergawe van Triomf is een wat vir hom besonders na aan die hart lê.

Tessa Denton is sedert 1999 in die bedryf nadat sy Musiekteater en Vermaalikheidstegnologie by die Tshwane Universiteit van Tegnologie (TUT) studeer het. Van haar verskynings op televisie sluit in Die Boekklub 2 waarin sy die rol van Isabel vertolk het, en ook Getroud met Rugby as Claudia, Fluiters as Marlette, Donkerland as Mariaan, Binnelanders as Jenny, 7de Laan as Sally en in Generations as Kathryn. Van haar teater produksies sluit in Bettie en Kapido in Altyd in my Drome, Magenta in The Rocky Horror Show, Dina in Lied van my Hart, Marty in Grease, en Georgie in The Full Monty.

Johan Joubert het sy B-Tech Graad in Drama verwerf by TUT in Pretoria en het daarna verskeie kinderteaterproduksies gedoen, veral vir Redhead Productions en opvoedkundige teater vir PIT Produksies. Televisiekykers sal hom onthou vir reeks soos KykNet se Sterlopers en Phil 101. Johan was ook te sien in ‘n Silwerskermfees-kortfilm, Eenrigting. Hy het onlangs die regie van ‘n Zulu/Engelse opvoedkundige produksie behartig.

Rowlen von Gericke het sy BA Hons Drama en Teaterkuns Graad aan die Unversiteit van die Vrystaat voltooi. Gedurende sy studies het Rowlen produksies gedoen as deel van sy graad, op en agter die verhoog. Rowlen het sy professionele buiging op die verhoog in 2009 gemaak by die Volksblad Kunstefees, nou bekend as die Vrystaat Kunstefees. Sedertdien het Rowlen in meer as 30 produksies gespeel regoor die land. Hy het in 2012 na Johannesburg verhuis waar die fokus van die verhoog meer na televisie en radio verskuif het in onder andere Swartwater, Pandjieswinkel Stories, Amandla, My Fathers War, en stemwerk op Maya die By en Yskoninging. Hy is ook in 2016 genomineer vir ‘n Naledi Teatertoekenning as Beste Nuweling.

My Vrou se Man se Mannetjie - Skets
My Vrou se Man se Mannetjie – Skets

Bespreek jou kaartjies vir My Vrou se Man se Mannetjie by Computicket by 0861 915 8000 of www.computicket.com Vir enige navrae, skakel Lefra Produksies by 011 815 3000 of stuur ’n e-pos na admin@lefra.com

My Vrou Se Man Se Mannetjie kuier by die Vrystaat Kunstefees
Skrywers: Ray Cooney, Earl Barret en Arne Sultan
Verwerking Frans Swart
Regisseur En Vervaardiger Frans Swart
Assistant-Regisseur Gustav Van Rooyen
Met Cobus Venter, Edrien Erasmus, Johan Joubert, Paul Lückhoff, Rowlen Von Gericke En Tessa Denton.
Stel Shaun Van Eck, Samora Moiane
Vrystaat Kunstefees, Sand Du Plessisteater
Dinsdag, 10 Julie @ 19:30 | Woensdag, 11 Julie @ 19:30 | Donderdag, 12 Julie @ 10:00 | Vrydag, 13 Julie @ 10:00
Besprekings: Computicket by 0861 915 8000 of www.computicket.com
Navrae: Skakel 011 815 3000 of e-pos admin@lefra.com

Leave a Reply