Nuwe realiteitsreeks Ster-Status nou op die kassie

0
41

Hierdie realiteits kompetisie gaan daarop fokus om jong vroue (millenniërs) aan die vermaakbedryf bekend te stel deur middel van werkswinkels, opleidingsessies en verskeie uitdagings om hulle voor te berei op ’n lewe in die kollig. Na elke fase van die kompetisie sal van die deelnemers, wat nie die mas opgekom het nie, uitgeskakel word. Alhoewel daar net een wenner kan wees, sal elke deelnemer voordeel trek uit hierdie ervaring, juis omdat hulle op verskeie sosiale platforms blootstelling kry, gaan leer hoe om hulleself behoorlik te stileer, verhoudings gaan bou met kenners in die bedryf, ’n verskil kan maak met liefdadigheidswerk en ook die geleentheid sal hê om as handelsmerkverteenwoordigers op te tree.

VIA - Ster-Status
VIA – Ster-Status

Luré Delport, verlede jaar se wenner, sal die eerste amptelike aanbieder van STER-STATUS wees, onder leiding van die gewilde akteur David Konrad (Binnelanders, Getroud met Rugby), waarna 2019 se wenner by haar die leisels sal oorneem.

- Advertisement -

“Wat die program lekker en uniek maak, is die transformasie wat die deelnemers en aanbieder van die program ondergaan. Ons volg ook Luré, wat geen vorige ervaring het nie, se reis as 2018 se wenner en haar eerste geleentheid as aanbieder in die bedryf,” verklap Tarien. “Daar is wel ’n bietjie onverwagse hartseer wat al in die eerste episode deurkom, maar ook daardie opregte oomblikke van trane, lekker lag en ondersteuning, is vasgevang in die program.”

SOCIAL MEDIA LINKS

#sterstatus #viatv #apprentessessa

Verskeie bekendes, waaronder Sinki Mlambo, Leandie du Randt, Deon Groot, Francois Olivier, David Konrad, Amorie Pearson en Pamela Niemand, en uitgesoekte besighede gaan almal deel wees van die program en talle organisasies, soos CHOC, Kosmos Care Centre en Gracia, sal baat by die liefdadigheidsaspek daarvan.

Oor die geleentheid om betrokke te wees by hierdie inisiatief, sê David Konrad: “My droom is om ander te help om hulle drome waar te maak en STER-STATUS het my die platform gegee om dit uit te leef!”

Die program sal in ses episodes aangebied word en die wenner en naaswenners sal – in ware BBP-styl – tydens die spoggerige glansgeleentheid by Atterbury Theatre in Pretoria aangekondig word op 10 Augustus 2019.

Kaartjies vir die STER-STATUS FINAAL is aan die publiek beskikbaar op iTickets en wissel tussen R160 en R250 per persoon. Verrigtinge op die rooitapyt sal om 18h00 afskop en sluit, buiten vir die kroningsgeleentheid, ook lewendige vermaak deur bekende kunstenaars in.

STER-STATUS bevat al die regte inspirerende en kompeterende bestanddele vir ’n realiteitsprogram wat iemand se lewe vir altyd gaan verander. Die vraag is nou net… wie s’n gaan dit wees? Skakel in om te sien wat gebeur!

Leave a Reply