RymStoff singe nuwe Titans-wikkeldans temalied!

0
82

Artsvark Presser

Artsvark Presser is directly connected to the South African Arts Community, and spits out press releases and other news as passed on by community members.
Artsvark Presser
Rymstoff
Rymstoff

RymStoff gaan SuperSport Park laat rock met nuwe Titans-wikkeldans temalied!

CENTURION – Die Multiply Titans sal binnekort hulle seges vier met ’n splinternuwe temalied en ’n prettige Titans-wikkeldans of ‘shake’, op die maat van die tonekrul-treffer – Shake it – deur die gewilde sanggroep, RymStoff.

- Advertisement -

RymStoff (Christoff de Beer en Raymond Ray) het dié spesiale Titans-lied geskryf en opgeneem om die emosionele band tussen die Titans-handelsmerk en lojale ondersteuners te versterk. Dit sal vir die eerste keer opgevoer word tydens die T20-wedstryd tussen die Titans en die Cobras by SuperSport Park op 25 November 2016.

Beide kunstenaars het jare se ondervinding in die vermaakbedryf. Christoff (26), wat aan Hoërskool Montana gematrikuleer en onderwys by Noordwes Universiteit studeer het, was vir agt jaar lank in die groep Roots of Youth waarna hy by Kurt Darren se orkes (Die KD Band) aangesluit het as hoof-kitaarspeler.

Raymond Ray (32), ’n regte rocker van Rustenburg, het in 2003 by Gresham Records aangesluit en die treffer, Calling, uitgereik. Hy het al die verhoog gedeel met van Suid-Afrika se grootste kunstenaars en het steeds gereeld gehore op hulle voete wanneer hy – as hoofsanger – in verskillende Barnyard Theatre-produksies optree.

Die groep se eerste enkelsnit, Hartvlinders, het groot opslae gemaak toe dit vroeër vanjaar vrygestel is. Dit het gepryk op die Top20 van verskeie radiostasies se treffersparades – waaronder Bok Radio, Groot FM en East Rand Stereo en die musiekvideo het vir meer as 10 weke op die kykNET Top20 gekuier. Hulle tweede enkelsnit, Hand aan hand, speel ook tans radiostasies regoor die land aan die brand!

Shake it verskyn ook op RymStoff se debuutalbum getiteld, ALLES EN MEER, wat in Augustus 2016 uitgereik is.

“RymStoff het twee weergawes van die lied geskep. Een weergawe sal spesiaal gebruik word op radio en televisie. Die ander weergawe sal vir regstreekse uitsendings op SuperSport Park gebruik word. Dit gaan ’n spesiale atmosfeer in die stadion skep, die ondersteuners se voete laat jeuk, hul harte bekoor en die skare selfs sterker agter die Titans verenig. SuperSport Park is meer as net ’n wêreldgehalte stadion waar mense krieket kyk. Dit is ’n teater waar die Multiply Titans magieses vertonings lewer – ’n ikoniese stadion met ’n unieke atmosfeer. Dink net hoeveel waarde hierdie musikale nuutskepping en skouspel sal byvoeg tot die aantrekkingskrag tussen die spelers, die handelsmerk en die ondersteuners. Dit gaan sorg vir ’n gedenkwaardige ervaring vir Jan en alleman. Ons tuisskare is positief, gee luidkeels uiting aan hulle passie en is toegewyde ondersteuners van die spel en die Titans”, sê Jacques Faul, bedryfshoof van die Multiply Titans.

Kaartjies vir die T20-wedstryd tussen die Titans en Cobras op SuperSport Park, kan bespreek word by www.ticketpros.co.za

SOSIALEMEDIASKAKELS – RymStoff
FacebookTwitterInstagram

SOSIALEMEDIASKAKELS – Titans
FacebookTwitter, Instagram

Leave a Reply