Seattle wink vir fliek oor Ellen Pakkies se lewe

0
16
Ellen - Die Storie Van Ellen Pakkies (Poster)
Ellen, Die Storie Van Ellen Pakkies is gekies is om deel te wees van die jaarlikse Seattle Internasionale Rolprentfees (SIFF) in die VSA, wat vanaf 17 Mei 2018 tot 10 Junie 2018 plaasvind.

Die span agter die indrukwekkende rolprentverwerking van een van die mees opspraakwekkende moordsake in Suid-Afrika, het pas aangekondig dat hierdie misdaaddrama gekies is om deel te wees van die vier-en-veertigste jaarlikse Seattle Internasionale Rolprentfees (SIFF) in die VSA, wat vanaf 17 Mei 2018 tot 10 Junie 2018 plaasvind.

Ellen, Die Storie Van Ellen Pakkies sal een van 400 films, uit 80 lande, wees wat gedurende hierdie gesogte geleentheid vertoon word oor ’n tydperk van vyf-en-twintig dae. Daar word meer as 145 000 mense verwag en dit is een van die grootste rolprentfeeste in Amerika.

- Advertisement -

“Ons is ongelooflik opgewonde oor die feit dat ons fliek by die Seattle Internasionale Rolprentfees gaan wys. Ellen se storie is uniek. Sy is een van ’n handvol ma’s wat hulle eie kinders doodgemaak het. Maar in dieselfde asem, is haar storie ook die van miljoene ander, plaaslik en oorsee. Die hartseer ding is dat daar universele elemente in Ellen se storie is wat tot vandag toe nog gebeur. Dwelmmisbruik, armoede, die Vlaktes en familiegeweld. Ons probeer die kyker vat na ©° wêreld wat hy dink hy ken, maar glad nie verstaan nie,” sê vervaardiger, Schalk-Willem Burger, oor dié eer wat hulle te beurt geval het. “Ek sê al vir jare dat ons bedryf wêreldklas films en televisiereekse maak. Ons het die tegniese kennis en ons het ©° werksetiek wat skrik vir niks. Die grootste probleem is klein begrotings, maar ons sien al hoe meer hoe Suid-Afrikaanse filmmakers dit keer-op-keer regkry om met dié klein begrotings, ongelooflike flieks te maak. Ons moet aanhou om sulke topgehalte produkte in die internasionale arena in te stoot, want dit is goed vir die plaaslike bedryf.”

Jill Levenberg as Ellen Pakkies. Photo credit: Lindsey Appolis.
Jill Levenberg as Ellen Pakkies.
Photo credit: Lindsey Appolis.

Die fliek, wat ook reeds op 27 Januarie 2018 by die Rotterdamse Internasionale Rolprentfees vertoon is, vertel die storie van Ellen Pakkies (Jill Levenberg) se spanningsvolle verhouding met haar twintigjarige seun, Abie (Jarrid Geduld), wat aan dwelms verslaaf is. In 2007, het sy dood opslae gemaak regoor die wêreld toe daar onthul is dat sy eie ma die moordenaar is. Dis die ontstellende verhaal van ’n vrou wat deur die strafproses geplaas word, teregstaan op ’n moordaanklag en gedryf is deur ’n onwrikbare liefde vir haar seun. Dit delf in die innerlike psige van ’n familie wat deur dwelms vernietig word, in een van die gevaarlikste plaaslike gemeenskappe. ’n Plaag, met gevolge wat verder strek as die Kaapse Vlaktes en wat die staat se onvermoë, om die armstes van die armes te beskerm, beklemtoon.

SOSIALEMEDIASKAKELS:

“Ek speel die rol van die dwelmverslaafde, Abie Pakkies, wat op die Kaapse Vlaktes grootgeword het. Dit is altyd ’n groot uitdaging om iemand se ware verhaal te vertel, veral een wat steeds relevant is. Ek het baie gewig verloor en probeer om myself in die karakter in te leef ter voorbereiding van die rol en hoop dat my vertolking vir kykers sal insae gee oor wat binne die kop van ’n verslaafde aangaan”, vertel Jarrid Geduld. “Dit is wonderlik om te hoor dat die fliek belangstelling prikkel, plaaslik en oorsee, en dat dit by die Seattle Rolprentfees vertoon gaan word. Ellen se storie verdien om regoor die wêreld gekyk te word, sodat dit gesprekke oor verslawing kan begin en daar verandering kan intree.”

Ellen, Die Storie Van Ellen Pakkies is vervaardig onder leiding van die bekroonde regisseur, Daryne Joshua van Gambit Films, wat ook verantwoordelik is vir die lokettreffer, Noem My Skollie. Die draaiboek is deur geskep deur Amy Jephta, met insette deur die regte Ellen Pakkies wat ook haar huis oopgestel het vir die verfilmingsproses. “Ons hoop dat ’n invloedryke persoon die fliek sal sien en ’n betekenisvolle verskil in sulke gemeenskappe sal maak. Verfilming het in Lavender Hill in Ellen se huis, waar die moord gepleeg is, plaasgevind en ons het uit ons pad uit gegaan om vir die kyker die regte wêreld waarin hierdie vrou gewoon het en steeds woon te wys,” sê Burger.

Jill Levenberg (Genadekans, Noem my Skollie, Leemte, While You Weren’t Looking, Abraham, Bekkies Gevind, As Ek Huistoe Kom, Fluit-Fluit, Atlas, Uitvlucht en Suidooster) speel die rol van Ellen Pakkies en het reeds baie positiewe terugvoer oor haar vertolking ontvang. Elton Landrew, Shimmy Isaacs en Kay Smith is ook in die fliek te sien.

Hierdie ontstellende verhaal oor ’n stormagtige ma-en-seun-verhouding, dwelms en moord, is propvol intrige, emosie en spanning, wat kykers nie net vasgenael sal hou nie, maar ook kritici sal beïndruk. Die fliek is vervaardig in samewerking met M-Net, kykNET Films, die Departement van Handel en Nywerheid (DTI) en TMPBC (The Moving Billboard Picture Company). Dit word op 7 September 2018, landswyd, deur Ster-Kinekor Entertainment uitgereik.

Leave a Reply