Tygerberg Kinderkoor Kerskonserte

0
64
Tygerberg Children's Choir
Tygerberg Kinderkoor

Die Tygerberg-kinderkoor hou binnekort weer sy gewilde jaarlikse Kerskonserte.

Die koor, onder leiding van Hennie en Theresa Loock, vier vanjaar sy 44ste bestaansjaar.

Hul Kerskonsert is getiteld “Alle Nasies”.

- Advertisement -

Gunstelinge soos Once in Royal David’s City, O Holy Night, Go Tell it on the Mountain, Panis Angelicus en Ave Maria kan gehoor word.

Tygerberg Children's Choir
Tygerberg Children’s Choir

Die Voice of Angels is gaskunstenaars en Madri Gerber (viool) en Annatjie Brand (orrel) ondersteun die uitmuntende kindersoliste en -instrumentaliste.

Die konserte vind plaas op 26 en 27 November om 16:00 en op 3 Desember om 16:00 en 20:00 in die Endlersaal in Stellenbosch.

Kaartjies kos R120
Bespreek by Computicket.

Leave a Reply