Verona stel musiekvideo vir treffer bekend!

0
30
Verona
Verona

Verona het beslis geen bekendstelling nodig in vermaakkringe nie. Dié kleindorpiemeisie van Meyerton het oor die afgelope paar jaar nie net naam gemaak as realiteitsprogramster, radio-omroeper en televisieaanbieder nie, maar ook as joernalis, vervaardiger en sanger.

Haar eerste Afrikaanse enkelsnit, MASKERS, vanaf haar gelyknamige debuut album wat eersdaags uitgereik word, is onlangs vrygestel en het reeds ‘n Nr. 1 plek op beide 90.6 VCR en SFM Streek se trefferparades bereik. Die snit, wat deur haar en Hugo Ludik geskryf is, het ’n folk-pop-aanslag met betekenisvolle lirieke en ’n meesleurende wysie wat die luisteraar vir lank sal bybly. “Dit gaan oor die maskers wat jy dra in jou lewe. Die meeste van ons skuil agter maksers om ons ware self weg te steek en te beskerm. Dikwels bang om onsself te wys. Ons steek ook seerkry en swaarkry so weg. In hierdie liedjie probeer ek mense aanpor om van daardie maskers ontslae te raak waaraan jy so swaar dra, want om met maskers deur die lewe te gaan sal ©° mens nooit leer nie,” vertel sy.

- Advertisement -

Die musiekvideo vir hierdie liedjie word ook nou uitgereik en is vervaardig deur KeyArt Services.

Volgens Verona, was ’n vriend van haar die inspirasie agter hierdie treffer. “Ek het ©° vriend wat jare lank al in die vermaaklikheidbedryf as ‘jester’ werk. Hy het al baie vir my vertel hoe dit soms bevrydend is om daardie wit gesig op te verf en daaragter te skuil vir die aand se werk. Niemand ken jou nie. Jy verloor alle inhibisies en jy is vry. Somtyds is ©° masker bevrydend, want as niemand jou kan sien nie is dit mos soveel makliker om te wees net hoe en wie jy wil wees. Dit het my laat dink aan die mensdom se alle daagse “maskers” wat ons saamdra. Daar is tog soveel verskillende maskers,” verduidelik sy. “Mense steek seer weg, tree dalk skynheilig op, sit ©° gesig op omdat jy dalk probeer voorgee wat jy nie waarlik is nie. Ons is te bang om onsself te wys. Te bang dat ander nie sal hou van wat hulle sien nie. Ironies genoeg het ek besef dat maskers so beperkend is. As jy nooit jouself kan wees nie, hoe sal jy groei of leer? Dis ook uitputtend om heeltyd voor te gee wat jy nie is nie.”

SOSIALEMEDIASKAKEL

Kom ons ontmasker. Kom ons word sterker. Haal af jou masker, kyk wat skuil daar agter.

Gee jouself vlerke, jy weet jy’t geen perke. Haal af jou masker. Wys wat skuil daar agter…

Met hierdie liedjie deel sy nie net haar siel nie, maar ook haar ongelooflike sangtalent met die wêreld.

Leave a Reply