Wynand se weergawe van Gebed bekendgestel

0
12
Wynand Strydom - Gebed
Wynand Strydom se weergawe van die Koos du Plessis lied, Gebed, is vanoggend vrygestel.

Wynand Strydom het oor die afgelope vyftienjaar vir homself ’n stewige plek in die Afrikaanse musiekbedryf gevestig. Dié oud-Pretorianer het al die verhoog met bekende name gedeel en by die grootste musiekfeeste opgetree. Sy splinternuwe album, Skielik Is Jy Vry, is ‘n treffende huldebly aan een van die musiekbedryf se grootste legendes, Koos du Plessis en word amptelik op die 13 Julie 2018 uitgereik.

Die eerste enkelsnit vanaf hierdie album, Gebed, word nou aan radiostasies landswyd uitgereik. Die liedjie pas die sanger se diep, hoendervleismooi basstem soos ‘n handskoen en dwing jou tot stilstand en om te luister.

- Advertisement -

“Ek is my lewe lank al baie lief vir Koos du Plessis se musiek. Dit was nog altyd ’n droom om al my gunstelingliedjies op een album op te neem en Gebed is verseker een van hulle,” verklap die gewilde sanger, Wynand Strydom, oor die inspirasie agter sy agtste solo-album wat oppad is.

Die hele album sal bestaan uit snitte uit Koos du Plessis se pen, wat wissel tussen gewilde treffers en ander minder bekende liedjies.

VOLG HOM OP SOSIALEMEDIA

Leave a Reply