Youngsta CPT and Irshaad Ally join forces

0
55

The first song from the soundtrack of the acclaimed Cape Town-set thriller, Nommer 37 (Number 37), has just been released and was created by two of South Africa’s most talented rising stars, Youngsta CPT and Irshaad Ally.

Dala Wat Jy Moet is a striking rap song inspired by life on the Cape Flats. Although it has an inspiring message, it also boasts a typical gangster-like rap rhythm and a taunting repetitive chorus, which not only suits the genre of the movie perfectly but also adds to the building tension.

- Advertisement -

Listen to a teaser of the song here.

“I have known Youngsta for many years. He created a song for a movie I starred in called ‘Four Corners’. I played a gangster that is idolised and glamourized by youngsters, even though this character has a bad life and dies in the end. This is actually sad and was also the inspiration behind DALA WAT JY MOET. ‘Dala’ means do and we are literally appealing to young people to do what they have to, to succeed in life and rise above their circumstances,” explains actor, Irshaad Ally, about the new single.

“Youngsta and I also have a lot in common. Both our parents are teachers. We both come from a life of being bad boys and then making it in the entertainment industry after those phases of our lives. Being involved in gangsterism taught us to be hard and, no, I’m not justifying gangsterism, but it’s our testimony,” he shared in an interview with Daily Voice. “Now we literally want to motivate youngsters with the wisdom we have and make changes on the Cape Flats to tell people, ‘listen, you have to do something with your life’.”

Irshaad, who also plays the lead role of Randal Hendricks in Nommer 37, rose to fame as a contestant on the second season of the reality show Survivor South Africa. He is best-known as Rhafiek in kykNET soap opera, Suidooster. Youngsta CPT, aka Riyadh Roberts, is a talented rapper and lyricist from the Cape. The musician, who describes his music style as 100% Cape, has delivered numerous hits, including We Go Bos, Yasis and Salutas. He not only wrote the lyrics for and created, Dala Wat Jy Moet, but has also worked on various songs for other films.

Nommer 37 is based on the SAFTA-award-winning short film of the same name, which was co-directed by Nosipho Dumisa and Travis Taute. Dumisa has since penned and directed the full feature length feature, set in Haven Mansions, a fictional block of apartments in her imagined suburb of the Cape Flats, New Haven. It tells the story of Randal Hendricks, a recent paraplegic, who is given a gift of binoculars by his devoted girlfriend, Pam (Monique Rockman). But he is in financial debt to Emmie (Danny Ross), a sadistic loan shark, and when he witnesses a powerful criminal, named Lawyer (David Manuel), commit murder while observing his neighbours through his binoculars, he initiates a blackmail scheme in an attempt to settle his debt. With deception and greed around every corner, what follows is a thrilling ride that puts both their lives in mortal danger… as the world around Randal deteriorates further and further into chaos.

Social Media Links:

The film also stars Sandi Schultz, Deon Lotz, Elton Landrew, Ephraim Gordon and Amrain Ismail-Essop.

The film was produced by Gambit Films in association with kykNET Films, M-Net, XYZ Films and the DTI, and will be distributed by Ster-Kinekor Entertainment locally, in cinemas across the country, on 1 June 2018, and by XYZ Films internationally. Following Nommer 37’s successful run at the acclaimed SXSW Film Festival in Austin, Dark Star Pictures recently gained exclusive rights for the North American distribution of this motion picture, which will see it in cinemas across Los Angeles and New York in the North American Autumn season.

 

Youngsta CPT en Irshaad Ally span kragte saam!

Youngsta CPT en Irshaad Ally span kragte saam met Nommer 37 lied!

Die eerste liedjie vanaf die klankbaan van die bekroonde Kaapse riller, Nommer 37, is pas vrygestel en is geskep deur twee van Suid-Afrika se mees talentvolle sterre, Youngsta CPT en Irshaad Ally.

Dala Wat Jy Moet is ’n treffende kletsrymverwerking wat geïnspireer is deur die leefstyl op die Kaapse Vlaktes. Alhoewel dit ’n kragtige boodskap bevat, spog die enkelsnit ook met ’n tipiese bende-styl kletsrymritme en ’n konstante meesleurende koorherhaling wat nie net perfek by die genre van die fliek pas nie, maar ook bydra tot die opbouende spanning.

Luister hier na ‘n lusmaker: https://soundcloud.com/starburstpromotions/dwjm-teaser

“Ek ken Youngsta al vir baie jare. Hy het ’n liedjie geskep vir ’n fliek waarin ek gespeel het, met die naam ‘Four Corners’. Ek het die rol van ’n bendeleier vertolk, wie se lewe deur die jeug bewonder is, alhoewel dit ’n slegte een was en die karakter op die ou einde doodgaan. Dit is eintlik ’n baie hartseer realiteit en was ook die inspirasie agter Dala Wat Jy Moet. ‘Dala’ beteken ‘doen’ en doen letterlik ’n beroep op jongmense om te doen wat hulle moet om bo hulle omstandighede uit te styg en suksesvol te wees,” verduidelik akteur, Irshaad Ally, oor die nuwe liedjie.

“Ek en Youngsta het ook baie in gemeen. Albei van ons se ouers is onderwysers en ons was albei op die verkeerde pad voordat ons dit in die vermaakbedryf gemaak het. Om betrokke te wees by bendes en wat daarmee saamgaan, het ons sterk gemaak. Dit beteken nie dat ons dit goedpraat nie, dis bloot ons getuienis,” het hy in ’n eksklusiewe onderhoud met Daily Voice gedeel. “Met die wysheid wat ons nou het, wil ons letterlik jongmense motiveer en help om verandering op die Kaapse Vlaktes te bewerkstellig deur hulle aan te moedig om iets van hulleself te maak.”

Irshaad, wat ook die hoofrol van Randal Hendricks in Nommer 37 vertolk, het bekendheid verwerf as ’n deelnemer in die tweede seisoen van die realiteitsprogram, Survivor South Africa. Hy is veral bekend as Rhafiek in die kykNET-sepie, Suidooster. Youngsta CPT, oftewel Riyadh Roberts, is ’n talentvolle kletsrymer en liedjieskrywer van die Kaap af. Die musikant, wat sy musiek styl as 100% Kaaps beskryf, het verskeie treffers op sy kerfstok, waaronder We Go Bos, Yasis en Salutas. Hy was nie net verantwoordelik vir die skep en skryf van DALA WAT JY MOET nie, maar het ook al aan musiek vir ander produksies gewerk.

NOMMER 37 is gebaseer op die SAFTA-bekroonde kortfilm met dieselfde naam, waarvan Nosipho Dumisa en Travis Taute die regisseurs was. Dumisa het sedertdien die draaiboek aangepas en die regie behartig van ’n vollengte speelfilm-weergawe hiervan. Dit speel af in ’n fiktiewe woonstelblok, Haven Mansions, in haar weergawe van ’n buurt op die Kaapse Vlaktes. Dit vertel die verhaal van Randal Hendricks wat onlangs deur ’n ongeluk gestrem gelaat en nou rolstoel- woonstelgebonde is. Hy is kniediep in die skuld by ’n sosiopatiese geldskieter met die naam Emmie (Danny Ross), wat sy pond vleis eis. Wanneer sy toegewyde meisie, Pam (Monique Rockman), vir hom ’n verkyker present gee kan hy sy bure dophou en sien hy op ’n dag hoe ’n gevaarlike bendeleier, Lawyer (David Manuel), ’n moord pleeg en besluit om hom af te pers vir geld. Met verraad en gierigheid om elke hoek en draai, neem die gebeure wat volg hulle op ’n lewensgevaarlike reis, soos wat die wêreld rondom hom verder en verder in chaos gedompel word.

Sandi Schultz, Deon Lotz, Elton Landrew, Ephraim Gordon en Amrain Ismail-Essop is ook in die fliek te sien.

Die rolprent is vervaardig deur Gambit Films, in samewerking met kykNET Films, M-Net, XYZ Films en Die Departement van Handel en Nywerheid (DTI). Dit word plaaslik op 1 Junie 2018 vrygestel deur Ster-Kinekor Entertainment en sal ook internasionaal versprei word deur XYZ Films. Na die suksesvolle ontvangs wat Nommer 37 by die SXSW-rolprentfees in Austin gekry het, het Dark Star Pictures onlangs die eksklusiewe Noord-Amerikaanse-verspreidingsregte vir die film bekom. Dit sal in bioskope in Los Angeles en New York vrygestel word gedurende herfs in Noord-Amerika.

KYK DIE LOKPRENT: https://www.youtube.com/watch?v=JdWMxQg7G1w&feature=youtu.be

SOSIALEMEDIASKAKELS

NOMMER 37

Facebook: https://www.facebook.com/Nommer37Film/

Twitter: @Nommer37Film

Instagram: @nommer37film

Artslink.co.za Account:

Alishia van Deventer

alishia@starburstmusic.co.za

083 635 4717

Starburst Promotions

www.starburstmusic.co.za

Leave a Reply