A new single for André Schwartz

0
38
Andre Schwartz - Tweede Kans
Andre Schwartz – Tweede Kans

“… maar ek het dit nooit verwag, want hier staan ek weer. Dans dieselfde dans, maar voel soveel meer. Kry ’n tweede kans op ’n eerste keer met jou. Die eerste keer met jou…” are only a few of the captivating lyrics taken from the brand new single, Tweede Kans, by one of South Africa’s most talented and accomplished entertainers. The hit does not only have a modern and unique sound, but also promises to impress listeners of all ages.

André Schwartz is most definitely one of the largest, most multi-faceted superstars in the South African entertainment industry. Over the past few decades, he has continued impressing fans, not only as an acclaimed singer, songwriter and stage performer, but also as an actor (Sterlopers, 7de Laan) and television presenter. He owns his own marketing company, André Schwartz Marketing, and is a perfectionist who aims to make a success of any project he undertakes. It, therefore, comes as no surprise that his latest musical offering does not merely live up to his own high expectations, but exceeds them!

- Advertisement -

SOCIAL MEDIA LINKS

Tweede Kans can be described as a pop song with a contemporary twist. It conveys the message of how much it can mean to yourself and someone else when you’re willing to give second chances in life. “I loved the song when I heard it for the first time because the melody is beautiful and the lyrics, written by Joe Foster, are filled with empathy. We are so quick to cut people out of our lives and giving anyone a second chance, either on a personal or professional level, can be a very rewarding experience for both parties,” explains André. “The track has an upbeat tempo but is definitely not ‘bubble gum’ and is something you can really listen to. People tend to appreciate integrity and there is a fundamental integrity that will appeal to audiences of all ages.”

Listen to a teaser of the song here: https://soundcloud.com/starburstpromotions/tweede-kans-lusmaker

One of the aspects that makes him such a remarkable musician is the fact that his work does not merely tick one specific genre box. He is able to perform a powerful emotional piece of music just as effortlessly as one of his regular pop hits, and he truly enjoys experimenting with something new. “It was a challenge for me to properly capture this new type of adult contemporary style in terms of aspects like phrasing, but I thoroughly enjoyed the experience, especially since it is a genre I have never explored before”, says the singer. The single will feature on a new album, which is planned for later this year.

Music has been a part of André’s life from a young age and he made his television debut at fourteen. He is classically trained, both vocally and as a pianist, and is therefore equally comfortable behind the piano and microphone. As a recording artist he has released fourteen albums, of which many have reached gold status, and has written and composed several of his radio hits himself. He is best-known for songs like Ek wil jou nooit weer sien and Lief vir alles hier, as well as his ability to captivate and entertain audiences with his charming and lively stage personality. He is also an extremely gifted music theatre performer and has starred in leading roles of many world-class productions, including Joseph and the Amazing Technicolour Dreamcoat, Jesus Christ Superstar, Pirates of Penzance and The Phantom of the Opera. He received various awards for his performance as ‘The Phantom’ and is acknowledged as one of the best ‘Phantoms’ to ever grace the stage. The artist is the only South African that carries Andrew Lloyd Webber’s personal stamp of approval and can currently be seen in the role of Captain von Trapp in the stage production of The Sound of Music at Montecasino.

When asked about the highlights of his career, he says: “That is a difficult one to answer. It is an amazing feeling to hold your first CD in your hand or to hear that your songs are doing well on the radio. But it is equally satisfying to sit in a dressing room before a show and listen as the conversation grows louder when the seats start filling up, realising that they have all come to see you perform.” If he had to choose a different career, he would have most likely ended up working in the medical field, as he has always had an interest in medicine.

André believes that music should be able to tell a story and connect with audiences. His latest release is a testament to the fact and is symbolic of his plans to revive the live performance part of his career. “With Tweede Kans, I wanted to find the perfect balance between beautiful music and meaningful lyrics. My main goal is to start doing live shows again. It is something that I have neglected over the past few years but am very excited about doing, because I have so much to share with listeners,” he says. “When one door closes, God opens a window and we must learn to see these windows as opportunities or second chances,” he concludes.

This hit single will be released to radio stations this week and will be available on Joox soon (code: AndreSchwartz). They are also working on a music video, which will be available later this year.

‘n Splinternuwe enkelsnit vir André Schwartz!

André Schwartz se splinternuwe enkelsnit, Tweede Kans, word hierdie week uitgereik!

Andre Schwartz - Tweede Kans
Andre Schwartz – Tweede Kans

“… maar ek het dit nooit verwag, want hier staan ek weer. Dans dieselfde dans, maar voel soveel meer. Kry ’n tweede kans op ’n eerste keer met jou. Die eerste keer met jou…” is maar net ’n paar treffende lirieke uit die splinternuwe enkelsnit, TWEEDE KANS, deur een van Suid-Afrika se mees veelsydige kunstenaars, wat nie net spog met ’n moderne en unieke klank nie, maar beloof om by gehore van alle ouderdomme aanklank te vind.

André Schwartz is beslis een van die grootste supersterre wat die plaaslike vermaakbedryf nóg oor die afgelope paar dekades opgelewer het. Nie net slaan hy asems weg as bekroonde sanger, liedjieskrywer en verhoogkunstenaar nie, maar beïndruk ook as akteur (Sterlopers, 7de Laan) en televisieaanbieder. Hy besit verder sy eie bemarkingsmaatskappy, André Schwartz Marketing, wat met groot korporatiewe kliënte werk en is ’n perfeksionis wat ’n sukses maak van alles wat hy aanpak. Daarom is dit geen verrassing dat sy nuutste musiekvrystelling nie net sy bestaande reputasie gestand doen nie, maar eintlik sy wenresep oortref!

SOSIALEMEDIASKAKELS

TWEEDE KANS, kan beskryf word as ’n popsnit met ’n volwasse kontemporêre aanslag en vertel hoeveel dit vir jouself, en iemand anders, kan beteken wanneer jy bereid is om tweede kanse te gee. “Ek was mal oor die liedjie toe ek dit vir die eerste keer hoor. Die melodie is beeldskoon en die lirieke, wat Joe Foster geskryf het, vang empatie vas. Ons is so vinnig om mense uit ons lewe te sny. Deur vir enigiemand met wie jy al ’n pad gestap het nog ’n kans te gee, hetsy op ’n persoonlike of professionele vlak, kan vir albei partye ’n baie lonende ervaring wees,” verduidelik André. “Die snit het ’n lekker ritme, maar is beslis nie ‘bubble gum’ nie en is iets waarna jy regtig kan luister. Mense geniet integriteit en daar is ’n integrale integriteit hierin wat luisteraars van alle ouderdomme gaan intrek.”

Luister na ‘n lusmaker hier: https://soundcloud.com/starburstpromotions/tweede-kans-lusmaker

Een van die aspekte wat van hom so ’n merkwaardige musikant maak, is die feit dat sy werk nie in ’n spesifieke genre-boksie vasgevang kan word nie. Hy kan ’n kragtige emosionele stuk uit ’n musiekblyspel net so moeiteloos opvoer soos een van sy poptreffers van ouds en daarom was dit vir die sanger lekker om iets nuut te probeer. “Dit was nogal vir my ’n uitdaging om hierdie tipe volwasse kontemporêre styl, wat tans so in die mode is, behoorlik vas te vang in terme van dinge soos frasering. Dit was vir my baie lekker, veral omdat dit ’n styl is waarin ek nog nie gewerk het nie,” verklap hy. Die enkelsnit vorm deel van ’n nuwe album wat vir later vanjaar beplan word.

André is al van jongs af doenig met musiek en het op veertien sy televisiedebuut gemaak. Hy het klassieke musiekopleiding gehad en is net so gemaklik agter die klavier as agter die mikrofoon. Daar is veertien solo-albums op sy kerfstok, waarvan byna almal goue verkoopstatus bereik het en verskeie liedjies deur hom self geskryf is. Verder is hy bekend vir verskeie radiotreffers soos Ek wil jou nooit weer sien en Lief vir alles hier en het hy ’n manier om gehore vir ure lank te bekoor met sy aangrypende en sjarmante verhoogpersoonlikheid. Hy is ook ’n uiters talentvolle teaterster, wat bekendheid verwerf het vir kragtige hoofrolvertolkings in verskeie musiekblyspele soos Joseph and the Amazing Technicolour Dreamcoat, Jesus Christ Superstar, Pirates of Penzance en The Phantom of the Opera. Vir laasgenoemde het hy talle toekennings ontvang en word hy beskryf as een van die beste ‘Phantoms’ ter wêreld. Dié kunstenaar is die enigste Suid-Afrikaner wat Andrew Lloyd Webber se stempel van goedkeuring wegdra en is juis tans te sien in die rol van Captain von Trapp in die verhoogproduksie van The Sound of Music by Montecasino.

Wanneer jy hom uitvra oor die hoogtepunte van sy loopbaan, sê hy: “Dis ’n moeilike een. Dit is ’n wonderlike gevoel om jou eerste CD in jou hand vas te hou en om te hoor dat jou musiek goed doen op die radio. Net so is dit ook ’n voorreg om in die kleedkamer te sit en te hoor hoe die gedruis van stemme harder word, soos wat al hoe meer mense inkom, en jy besef dat hulle almal daar is om jou te sien optree.” As hy nie ’n vermaaklikheidster of bemarker was nie, sou hy tien-teen-een in die mediese veld wou werk, omdat medisyne hom nog altyd gefassineer het.

Volgens André moet musiek ’n storie vertel en met luisteraars praat en hy meen dat sy nuutste vrystelling dit perfek regkry en ook simbolies is van sy planne om weer vir ’n slag sy eie vertonings te doen. “Ek het met TWEEDE KANS gesoek om balans te kry tussen musiek en liriek wat saam praat. Die hoofdoel is egter om weer te begin konserthou. Dis iets wat ek baie afgeskeep het, maar waaroor ek baie opgewonde is omdat ek soveel nuwe dinge het om met gehore te deel,” gesels hy. “Wanneer een deur toegaan, maak God ’n venster oop en ons moet dit raaksien en aangryp as ’n tweede kans,” voeg hy by.

Hierdie treffer kan binnekort oor die radio gehoor word en sal eersdaags beskikbaar wees op Joox (kode: AndreSchwartz). Daar is ook ’n musiekvideo in die pyplyn wat later uitgereik word.

Leave a Reply