Daa’ Gaat die Bruid by Atterburyteater

0
129

Klugkoning Frans Swart se Afrikaanse vertaling van Ray Cooney en John Chapman se weghol-treffer, Daa’ Gaat die Bruid!, is vanaf 24 tot 29 Januarie vir oulaas by die Atterburyteater in Pretoria op die planke.

Malan (Cobus Venter) en Charles (Gert van Tonder)
Malan (Cobus Venter) en Charles (Gert van Tonder)

Die oorspronklike There Goes The Bride is een van Cooney en Chapman se mees suksesvolle Westend-klugte tot op hede, en uittreksels vanuit die Londonse resensies beskryf die klug dalk die beste: “… die klug word lawwer en snaakser soos dit aangaan… dit het tempo, presisie en vernuf”, was die uitspraak in die London Daily Mirror. Volgens die BBC is dit “briljant geskryf”. Daa’ Gaat die Bruid! Spog met top akteurs soos Ana van Achterbergh, Cobus Venter, Debrè Rossouw, Edrien Erasmus, Elma Potgieter, Gert van Tonder, Lieb Bester, en Phillru van Achterbergh. Frans Swart hanteer weer die regie.

- Advertisement -

Laaste speelvak!
Deur Ray Cooney en John Chapman
Vertaling en Verwerking Frans Swart
Regisseur en Vervaardiger Frans Swart

Met Ana van Achterbergh, Cobus Venter, Debrè Rossouw, Edrien Erasmus, Elma Potgieter, Gert van Tonder, Lieb Bester en Phillru van Achterbergh

Stel Hugo Hewitt

Atterburyteater, Lynnwood Bridge Lifestyle Centre, Daventrystraat 4, hoek van Lynnwoodweg, Lynnwood

Dinsdag, 24 Januarie 2017 @ 20:00
Woensdag, 25 Januarie 2017 @ 20:00
Donderdag, 26 Januarie 2017 @ 20:00
Vrydag, 27 Januarie 2017 @ 20:00
Saterdag, 28 Januarie 2017 @ 15:00 en 20:00
Sondag, 29 Januarie 2017 @ 15:00

Besprekings:
Computicket by 0861 915 8000 of www.computicket.com

Groepe van meer as 10 en gasvryheidspakkette:
Skakel 011 815 3000 of e-pos admin@lefra.com

Besprekings kan by Computicket gedoen word deur 0861 915 8000 te skakel, of op die webwerf www.computicket.com. Groepe van 10 of meer kry oudergewoonte ‘n lekker afslag deur ons te skakel by 011 815 3000 of stuur ‘n e-pos aan admin@lefra.com. Vir meer inligting, besoek www.lefra.com of www.diebruid.co.za.

In Daa’ Gaat die Bruid! is dit die oggend van Judy (Debrè Rossouw) se troue. Alles is in rep en roer om alles in gereedheid te bring vir die troue later die dag. En dan slaan die klug toe! Terwyl Judy en haar ma, Ursula (Edrien Erasmus) gereed is om kerk toe te vertrek, kry haar pa Malan (Cobus Venter), die uitvoerende hoof van ‘n advertensiemaatskappy, ‘n hou op die kop en dan begin die poppe dans – letterlik! Polly (Ana van Achterbergh), ‘n pragtige “cut-out” meisie van een van sy advertensieveldtogte, kry lewe. Voeg daarby ‘n kwaai ouma (Elma Potgieter), ‘n moeilike oupa (Lieb Bester), ‘n verdwaalde skoonpa (Gert van Tonder), ‘n flambojante assistant (Phillru van Achterbergh) en ‘n deur of drie, en jy beskik oor al die lekkerlag elemente van nog ‘n histeriese Lefra-klug!

 

Bobby (Phillru van Achterbergh), Polly (Ana van Achterbergh), Malan (Cobus Venter) en Dr Gerhard (Lieb Bester)
Bobby (Phillru van Achterbergh), Polly (Ana van Achterbergh), Malan (Cobus Venter) en Dr Gerhard (Lieb Bester)

“Ons almal weet dat die oggend voor ‘n troue is redelik chaoties! Veral as Oupa en Ouma nog van Bela-Bela (Oupa se weergawe: Beda-Beda) af kom, die blomme is nog nie daar nie, spyseniers is die hele huis vol, die bruid se rok is nie reg nie, en Pa is nog besig met ‘n belangrike kontrak! Om nie eers van die Kaapse skoonmense te praat nie. Hierdie is al die elemente waarmee ons almal ons self kan vereenselwig. Vir die klug se onthalwe dalk so bietjie erger, maar ‘n situasie in elke huis. Ek dink juis omdat ons met hierdie dinge kan identifiseer is dit so ongelooflik snaaks,” sê Swart, regisseur en ook vertaler en verwerker. “Dit was so lekker vir my om Daa’ Gaat die Bruid! hier in Suid-Afrika te plaas … in die grênd gedeelte van Waterkloof op ‘n golflandgoed. En natuurlik maak die Suid-Afrikaanse situasie dit nog snaakser.” Swart sê dis wonderlik as gehore so lekker lag vir Bruid. “Dis asof daar ‘n vlaag van energie in die produksie en in die gehore begin ontbrand wat wonderlik is. Dis so lekker as mense na my toe kom en sê hulle het hulle asem weggelag!”

Malan (Cobus Venter), Bobby (Phillru van Achterbergh) en Gerhard (Lieb Bester).
Malan (Cobus Venter), Bobby (Phillru van Achterbergh) en Gerhard (Lieb Bester).

Swart voeg ook by dat dit nog altyd vir Lefra Produksies belangrik is om met die produksies te toer. “Alhoewel dit uit ’n logistieke oogpunt ’n nagmerrie is om met so ’n groot rolverdeling en stel te toer, gaan ons beslis die pad die land vol vat en dit moontlik maak vir die hele land om die produksie te sien.”

Bespreek jou kaartjies vir Daa’ Gaat die Bruid! by Computicket by 0861 915 8000 of www.computicket.com. Vir groepbesprekings en gasvryheidspakkette, skakel Lefra Produksies by 011 815 3000 of stuur ’n e-pos na admin@lefra.com.
Daa’ Gaat Die Bruid… Atterburyteater toe!

 

Leave a Reply