Die Avonture van Bal-Oog en Brommel maak sy debuut by die US Woordfees.

0
130

Artsvark Presser

Artsvark Presser is directly connected to the South African Arts Community, and spits out press releases and other news as passed on by community members.
Artsvark Presser
Die Avonture van Bal-Oog en Brommel: Richard September and De Klerk Oelofse. Photo credit: Isabelle Grobler.
Die Avonture van Bal-Oog en Brommel: Richard September and De Klerk Oelofse. Photo credit: Isabelle Grobler.

Die treffende grafiese roman Die Avonture van Bal-Oog en Brommel: Moord in Ixia Straat debuteeras ‘n prettige en aangrypende teater produksie by die US Woordfees.

Die vertonings vind plaas by die Hoërskool Lückhoff en daar is slegs drie datums waarop dit gesien kan word, 7, 10 en 11 Maart by die Woordfees. Daarna volg drie vertonings in Oudtshoorn by die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) van 29 – 31 Maart.

- Advertisement -

Die grafiese roman Die Avonture van Bal-Oog en Brommel: Moord in Ixia Straatis offisieel in September 2017 bekend gestel. Dit het reeds ‘n kultis status beryk en die eerste druk verkoop flink. In die strokiesverhaal beskryf die avonture van twee tiener maats, Bal-Oog en sy beste vriend Brommel.Dit is geskryf deur Sjaka Septembir,geilustreer deur Willem Samuel en gekleur deur Swart Streep en word nou lewe gegee op die verhoog deur van ons land se top akteurs.

Die Avonture van Bal-Oog en Brommel: Moord in Ixia Straat is aangepas vir die verhoog met die teks deur die akteur, skrywer, regiseer en vervaardiger, Sjaka Septembir. Die regie word behartig deurdie bekroonde Gideon Lombard (Die Reuk van Appels, …miskien, The View, Suidooster) en die spelers is Richard September (Rooivalk, Rondomskrik, Marat/Sade) as Brommel en De Klerk Oelofse (Liewe Heksie: Flower Power, Na-aap, Balbesit) as Bal-Oog, met musiek en by klanke deur Gertjie Besselsen (Slegs Vir Almal, Die Vlammende Fez, Die Storm).

Die skreeusnaakse speur verhaal word vertel in ‘n strokiesprent teater styl wat jou sal weg voer op ‘n rys saam met die beminlike en avontuurlustige Bal-Oog en Brommel..

Wie het Kobus vermoor? Wat lê agter die moord? Bal-Oog en Brommel besluit om ondersoek in te stel. Wanneer Boltjie – Bal-Oog se hond – snif in die neus kry, vind Bal-Oog en Brommel hulself meteens in ‘n avontuur gevul met spanning en humor – wat hul in die donker onderwêreld van Milnerton in ly.

Om sake te kompliseer is Bal-Oog verlief op Anja – die vermoorde Kobus se meisie.En die misterieuse bak? Hoe sluit dit by Kobus se moord aan?

“Bal-Oog en Brommel pak hul eerste speurverhaal holderstebolderste, met kaal hande aan. Dit lei tot ‘n reeks humoristise situasies,” vertel Septembir. “Tussen deur al die opwinding, besef hul dat hul miskien nie die wêreld wil red nie, maar liefs net hul vakansie wil geniet en musiek wil maak!? Ek is baie opgewonde oor die teaterspan wat die storie lewe gee, dit is ‘n visieële en teatrale fees! “.

Die Avonture van Bal-Oog en Brommel: Moord in Ixia Straat word opgevoer by die US Woordfees by Hoërskool Lückhoff op die 7de Maart om 15:00, endie 10de Maart om 20:30 en 11 Maart om 19:30. Kaartjies kos R100 – R120 by Computicket 0861 915 8000, aanlyn by www.computicket.com of R110 – R140 by die deur.

Die produksie word opgevoer by die KKNK in die Griesselsaal op 29 Maart om 16:00; op 30 Maart om 18:30 en 31 Maart om 20:00. Kaartjies kos R125 by Computicket 0861 915 8000, aanlyn by www.computicket.com of R140 by die deur.

Vir meer informasie oor Bal-Oog en Brommel gaan na www.bal-oog.co.za

Die kunswerk is vaardig uitgevoer, die storie spannend … interesante karakters en heelwat aksie en intrige … die drukwerk is puik (en) ook die omslag met sy glansafwerking. Moord In Ixiastraat bevat verskeie sappige karakters: ‘n wulpse ma, nare skobejakke, ‘n parate polisieman en Bal-Oog … (en) bladsye waarin die uitleg treffend gebruik word met wisselende raamgrootte, karakters wat uit die grense van die raam breek en raampies wat vervorm e byvoorbeeld beweging aan te dui. Daar is viseule juwele, soos elke blougroen slymblerts op pad sypaadjie toe, die tikkoppe en Anja se ma in haar bra … Moord in Ixiastraat sou maklik op ‘n rak in België of Frankryk kon staan tussen die magdom strokiesverhaalboeke wat jaarliks daar gepubliseer word sonder om enigsins af te steek.“ – Dick Grobler, Rapport

Leave a Reply