Dowwe Wicus en Dolla van der Merwe by Carnival City

0
58
Wicus van der Merwe
Wicus van der Merwe

Is jy moeg vir jou man se lang gesig wat lyk soos ‘n bok wat afdraend kyk? Lyk jou vrou al meer soos haar paspoort foto? Dan is dit tyd om ‘n kaartjie vir hulle te koop na Dowwe Wicus en Dolla van der Merwe by Carnival City.

Dowwe Wicus en Dolla van der Merwe by Carnival City op Vrydag, 4 Mei 2018 om 20:00. Besprekings kan gedoen word deur Computicket te skakel by 0861 915 8000, of bespreek aanlyn www.computicket.com. Vir groepbesprekings, skakel Lefra by 011 815 3000 of stuur ’n e-pos na admin@lefra.com. Die produksie word aangebied met die troste ondersteuning van Stuttaford van Lines, RSG, en Sounds Good.

Margit Meyer-Rodenbeck, kort soos haar van lank is, is die vrou agter Dowwe Dolla. Hierdie is nou ‘n mens wat nie weet hoe om stil te sit en for that matter ook nie hoe om stil te bly nie. Miere in haar gat, is ‘n heel gepaste uitdrukking om haar te beskryf of dalk; dinamiet kom in klein pakkies. Hoe dit ook al sy, energie het sy in oorvloed, maar vra jy haar sal sy haarself beskryf as bloot dom-astant. In 1988 begin sy met haar drama graad by die Universiteit van Stellenbosch en dis dan ook haar alma mater vir haar honneursgraad (Cum Laude) in 1991 en haar meestergraad in teaterbestuur in 1997. Nooit sou Margit kon droom dat sy self op die verhoog sou staan nie, haar kop het meer skryf, bestuur en regie se kant toe gestaan, maar nou staan sy haar skoene vierkantig as komediant, seremoniemeester, omroeper, spreker, stemkunstenaar, ensovoorts vol. Tans is sy ook die mede-eienaar van die Boer teater restuarant in Durbanville.

- Advertisement -
Dolla van der Merwe
Dolla van der Merwe

Wicus van der Merwe is gebore op Clanwilliam in 1972, eersteling vir pa Tolla en ma Marieta van der Merwe. Sy ma het van kleins af gesê dat hy nie ‘n skaam haar op sy kop het nie, so dit was onafwendbaar dat hy op die een of ander manier op die verhoog sou beland. Wicus het op Stellebosch sy BA-graad verwerf, ‘n drie jaar kursus ingedruk in vier jaar, met Sielkunde en Dramakunde as hoofvakke. Sy lektor was nie baie beindruk met hom in sy tweede derdejaar toe hy vir haar gesê het hy glo nie die betrokke gedig waarmee hulle besig was kon ooit ‘n dieper betekenis hê nie, en het na universiteit ‘n loopbaan in korttermynversekering begin. Maar sy talente was te veel vir die versekeringsindustrie en in Desember 2002 het hy sy eerste platekontrak gesluit. Hieruit het daar oor die afgelope paar jaar ses CD’s en twee DVD’s gespruit waarvan vier al Goue status bereik het, twee SAMA benoemings gekry het, ñ Ghoema en ñ Tempo toekenning vir die beste komedie album. Nogal fênsie!! Wicus was ook aanbieder van sy eie program op Kyknet vir twee jaar lank met Opskop en die afgelope vyf seisoene is hy mede-aanbieder van “Jou Show” met Emo Adams. Jy moet ook nie vir hom ligtelik kyk nie, wat hy was ook al twee keer seremoniemeester by van die groostse musiekkonserte in Suid-Afrika naamlik Skouspel en Skouspel Plus.

Dolla en Wikus
Dolla en Wikus

Hierdie twee ikone van Afrikaanse komedie snoer nou kragte saam in die produksie Dowwe Wicus en Dolla van der Merwe. Weg met die dwepers, die boepens-knolle, die moaners en die groaners. Weg met die poeierholle, die hoitie-toitie-skeelooganties, die Martie Martelgatte en die Jannie Jammerballe. Weg met die oorgenuansieerde suutjies-poep- polities-korrektes met hul brabbeltaal-diepsinnighede!

MAAR WEES GEWAARSKU: Jy moet lag dat die trane rol, anders spuit ons jou met Doom! Besprekings kan gedoen word deur Computicket te skakel by 0861 915 8000, of bespreek aanlyn www.computicket.com Vir groepbesprekings, skakel Lefra by 011 815 3000 of stuur ’n e-pos na admin@lefra.com.

Leave a Reply