Familie kom eerste in nuwe komiese drama!

0
57
South African comedy-drama ‘3 Days to Go’
‘3 Days to Go’

3 DAYS TO GO open in fliekteaters landswyd op 25 Januarie 2019 en gaan familiemalligheid en -bande in perspektief plaas.

Dit maak nou nie saak hoe lanklaas familie mekaar gesien het nie, want wanneer hulle saamgegooi word vir iets soos ’n begrafnis, loop dit gewoonlik uit op hope drama en konflik. Hierdie emosionele waarheid was dan ook die inspirasie agter die bekroonde vervaardiger, Bianca Isaac, se eerste vollengte speelfilm, 3 DAYS TO GO, wat familiemalligheid en -bande in perspektief sal plaas!

- Advertisement -

Hierdie rolprent is ’n mylpaal vir dié talentvolle skrywer en vervaardiger, wat die kuns van storievertelling bemeester het oor die afgelope paar jaar met bekroonde reekse soos Umilio, Swartwater, Kruispad en Getroud Met Rugby. Isaac, wat die eienaar is van FigJam Entertainment, ’n produksiemaatskappy wat in films spesialiseer, sien uit daarna om in die regisseurstoel te sit: “Alhoewel ek in my hart ’n vervaardiger is, was dit baie opwindend om die regisseur van hierdie opwindende projek te wees.” Isaac word bygestaan in hierdie taak deur die vervaardiger Gregory Mthanji en die kinematograaf Jonathan De La Querra, saam met wie sy al in die verlede gewerk het.

SOSIALEMEDIASKAKELS:

3 DAYS TO GO vertel die storie van kinders (wat nou volwassenes is) wat moet huistoe kom na hulle pa se skielike afsterwe. Saam met hulle kom daar baie bagasie in die vorm van anderhelftes, kinders en natuurlik persoonlike probleme en grille. Hulle word gedwing om die drie dae voor die begrafnis in mekaar se geselskap te oorleef in hulle ouerhuis… met verrykende gevolge.

Die fliek deel ’n stukkie lewenswaarheid en is van toepassing op enige kultuur en gesin. Daar is skreeusnaakse insidente, maar ook oomblikke wat jou diep sal raak. Dit gaan oor familie, die keuses wat ons maak en verlossing. Jy mag dalk net iemand wat jy ken in die storie raaksien… of dalk ook jouself.

Verder spog die prent ook met ’n indrukwekkende rolverdeling, wat Lillette Dubey, Rueben Naidoo, Leeanda Reddy, Jailoshini Naidoo, Pranesh Maharaj, Kajal Bagwandeen, Rahul Brijnath en Zakeeya Patel insluit as die disfunksionele Isaac-gesin. Jonathan Boynton-Lee, Tumi Morake en Ashish Gangarpersad is ook te sien, terwyl nuweling, Kiara Govender, ook haar buiging op die grootskerm maak.

3 DAYS TO GO is ’n universele verhaal oor familie en vergifnis, wat by gehore van alle kulture en ouderdomme sal aanklank vind. Die rolprent is vervaardig in samewerking met die KwaZulu-Natalse Rolprentkommissie (KZNFC), die Industriële Ontwikkelingskorporasie (IDC) en die Departement van Handel en Nywerheid (DTI) en sal op 25 Januarie 2019 landswyd uitgereik word deur Filmfinity (Edms) Bpk.

Leave a Reply