Fiela se Kind verkoop uit by die Baxter Teater – ekstra vertoning geskeduleer!

0
184
Fiela se Kind: Fiela en Selling
Fiela se Kind: Fiela en Selling

Lefra Produksies se trefferproduksie van Dalene Matthee se Fiela Se Kind het totaal hierdie week by die Baxter Teater uitverkoop. Frans Swart, regisseur en vervaardiger van Fiela Se Kind sê daar is nie eers meer enkelkaartjies beskikbaar nie. “As ‘n produksie al die enkelkaartjies uitverkoop, dan weet ‘n mens dat gehore die produksie wil sien,” sê Swart. “Ons is werklik baie dankbaar vir die ongelooflike ondersteuning wat Fiela van die Kaap se gehore ontvang het.”

Goeie Nuus – slegs een ekstra vertoning geskeduleer! Hierdie Saterdag, 26 Augustus 2017 om 11:00.

As gevolg van die groot belangstelling in Fiela Se Kind en die aanvraag na nog Fiela kaartjies het die Baxter Teater en Lefra Produksies so pas besluit om ‘n ekstra vertoning te skeduleer vir Saterdagoggend, 26 Augustus om 11:00. “Ons fone lui nog een stryk deur en juis daarom het ons baie vinnig planne gemaak om nog ‘n ekstra vertoning vir die Kaap te kon gee. Ons kan ongelukkig glad nie die speelvak enigsinds verder verleng nie, want ons open reeds volgende week by die Baxter Teater in Pretoria. Maar Kapenaars hoef nie te vrees nie, want ons bring Fiela beslis terug Kaap toe … hier waar sy hoort!”

- Advertisement -
Hilary Matthee, Frans Swart, Johan Rademan, Christo en Danel Snyman.
Hilary Matthee, Frans Swart, Johan Rademan, Christo en Danel Snyman.

Besprekings van die 11:00 vertoning kan gedoen word by Computicket 08619158000. Groepe meer as 10, kan vir Monica skakel by 011 815 3000 of stuur gerus ‘n epos aan admin@lefra.com Direkte aanlyn besprekings kan gedoen word by: https://goo.gl/r4xEHs Meer inligting by www.fielasekind.co.za

Shaleen Surtie-Richards
Shaleen Surtie-Richards

Die baie gewilde Shaleen Surtie-Richards is na 30 jaar terug in die rol van Fiela. “Man, dit was vir my wonderlik om weer in Fiela se lyf in te spring!” sê Shaleen. “Jy weet … dis mos darem my rol daai. Toe Frans (Swart – die regisseur) my skakel om te vra of ek vir hom Fiela sal speel, het ek onmiddellik JA gesê, want dit was werklik hoog tyd dat ek weer vir Fiela verhoog toe bring. En man, ons het wonderlike tye op die verhoog, want ek deel die verhoog met die grootste talent in die land!”

Die res van die rolverderling bestaan uit:

  • Jong Benjamin/Lukas – Vian Singleton
  • Volwasse Benjamin/Lukas – Phillru van Achterbergh
  • Jong Nina – Jaime du Toit
  • Volwasse Nine – Marissa Claasen
  • Elias van Rooyen (Bosman) – Paul Lückhoff
  • Barta van Rooyen (Bosvrou) – Edrien Erasmus
  • Selling Komoetie – Johny Klein
  • Die sensusmanne – Dirk Vermeulen en Nardus van der Vyver
  • Willem van Rooyen – Divan Prinsloo
  • Tollie Komoetie – Graigan Swartz
  • Emma Komoetie – Marilise van Wyk

Leave a Reply