Francois van Coke en Arno Carstens by Carnival City

0
159

Artsvark Presser

Artsvark Presser is directly connected to the South African Arts Community, and spits out press releases and other news as passed on by community members.
Artsvark Presser

In April 2015 het Francois van Coke sy sololoopbaan met ’n knal afgeskop toe hy sy gelyknamige debuut-soloalbum geloods het.

Francois van Coke
Francois van Coke

Die daaropvolgende jaar kan slegs beskryf word as ’n jaar van grenslose sukses met talle nommer een treffers, uitverkoopte vertonings, toekennings en verpletterde rekords. ’n Jaar later het Francois sy vyfde solomusiekvideo, Ek Weet Nie, met Arno Carstens daarop, vrygestel. En nou, op publieke aandrang, gaan hierdie twee rock-legendes op Vrydag 24 Februarie hul vennootskap voortsit tydens die rock-geleentheid van die jaar in ’n spesiale konsert by Carnival City se Big Top Arena. Besprekings kan by Computicket gemaak word by 0861 915 8000 of by www.computicket.com Groepe van meer as 10 kry ’n stewige afslag; kontak asseblief Lefra Produksies op 011 815 3000, of stuur ’n e-pos na admin@lefra.com. Praat gerus met ons oor samewerking ten opsigte van fondsinsamelingsprojekte. Vir meer inligting besoek www.lefra.com of stuur ’n e-pos na info@lefra.co.za Die vertoning word moontlik gemaak deur die vriendelike ondersteuning van Carnival City, Stuttaford Van Lines, RSG, Sounds Goode m McCarthy Volkswagen (Arcadia).

- Advertisement -
Arno Carstens
Arno Carstens

Francois van Coke is die hoofsanger van Fokofpolisiekar en Van Coke Kartel. Tydens sy loopbaan van 13 jaar as hoofsanger van dié twee Afrikaanse rock-groepe het hy nege vollengte albums en drie EP’s [verlengdespeeltydalbums] vrygestel, en saamgewerk met mense soos Jack Parow, Die Antwoord, Die Heuwels Fantasties, Seether (Shaun Morgan) en Karen Zoid. Hy het al vier SAMA-toekennings ontvang, sowel as talle ander. Sy album, Francois van Coke in 2015, is gunstig deur kritici ontvang, en is gevolg deur sy tweede studio-album, Hierdie is die lewe, wat op 2 Februarie hierdie jaar vrygestel word.

Volgens Francois handel die album oor die menslike toestand. “Alles wat tussen geboorte en sterfte gebeur, ons oorwinnings en ons mislukkings. Dit is die hooftema van die album, maar dit handel oor baie verskillende dinge. Dit gaan oor liefde, oor vriendskap, die toekoms, die verlede, die hede”, het Francois in ’n onlangse onderhoud gesê. “Ek dink die liedjies wat ek skryf is persoonlik en baie eerlik. Soms voel ek dit is selfgesentreerd, maar ek besef ook dat daardie die tipe liedjies is waarvan ek hou. Ek hou van mense wat eerlik en persoonlik is. Ek vind aanklank daarby en dit is dus die soort liedjies wat ek wil skryf.”

Francois van Coke en Arno CarstensReg om Carnival City aan die brand te sing


Big Top Arena, Carnival City
Vrydag, 24 Februarie 2017 om 20:00
Besprekings: Computicket 0861 915 8000 of www.computicket.com


Groepe van 10 of meer teen afslag 011 815 3000 / admin@lefra.com


Meer inligting by www.lefra.com

Arno Carstens het al 12 albums vrygestel; vyf as hoofsanger van Springbok Nude Girls, een as lid van die Electronica projek, Bhelltower, en ses as solokunstenaar. Meer as 20 van sy enkelsnitte het toptienstatus behaal en hy het al vyf SAMA toekennings ontvang, insluitend Beste Rock Album in 2004 vir Another Universe en Beste Kontemporêre Album in 2006 vir The Hello Goodbye Boys. In September 2016 het Arno sy eerste Afrikaanse debuutalbum vrygestel en dit Die Aandblom 13 genoem om sy herkoms te vereer. Dertien snitte wat losweg werklikheidsgebaseerde verhale vertel van wie Arno is en waar hy vandaan kom (hy het op Worcester grootgeword by Aandblomstraat 13 en gaan kuier nog so gereeld moontlik daar).

Volgens Arno het die skryf van Die Aandblom 13 baie verskil van sy ervaring met die vervaardigingsproses van sy Engelse albums. “Afrikaans is natuurlik my moedertaal; ek kon dus die essensie van die taal verken en, as gevolg daarvan, het die liedjies uit gedigte ontwikkel en is die musiek later bygevoeg met hierdie album”, sê hy. Toe die album eers voltooi is, het Arno teruggekeer na Aandblomstraat 13 om die kunswerk vir die album se omslag te fotografeer. As jy dus noukeurig na die album se omslag kyk, sal jy ’n montage sien van die binnekant van die huis waar hy grootgeword het. Dit is voorwaar ’n kringloop-album!

Van Coke en Carstens se vertoning by Carnival City skop af om 20:00. Kaartjies is te koop by Computicket (0861 915 8000). Groepe van meer as 10 kry ’n stewige afslag. Kontak Lefra by 011 815 3000 of stuur ’n e-pos na admin@lefra.com.

Leave a Reply