Hanna Boss en Burgerd Botha werk saam

0
110
Hanna Boss en Burgerd Botha - Mekaar Bedoel
Hanna Boss en Burgerd Botha – Mekaar Bedoel

Hanna Boss se splinternuwe debuutalbum, Verf Jouself, is pas uitgereik en menseverhoudings is die sentrale inspirasie agter die musiek. Sy beskryf dit as ’n moderne Afrikaanse Popalbum, waarvan die titelsnit presies verklap waar sy tans in haar lewe is en wat sy moes doen om hier te kom.

Haar eerste enkelsnit, ook getiteld, Verf Jouself, vanaf die nuwe album is gedurende 2017 uitgereik en het binne die eerste twee weke na vrystelling die treffeparades oorgeneem en ook die Nr. 1 posissie op GrootFM se Groot 20 bereik. Die musiekvideo is ook gereeld te sien op verskeie televisie kanale soos kykNET, SABC 2 en MyTV.

- Advertisement -
LIEDJIES OP DIE ALBUM

  • Daar
  • Dis nou verby
  • Jammer
  • Verf Jouself
  • Byna Volmaak
  • Mekaar Bedoel saam met Burgerd Botha
  • Dare to live
  • Kan nie meer wegbly
  • Jolene
  • Wees ’n man
  • Just Breathe
  • Ek sal by jou staan

SOSIALEMEDIASKAKELS

Haar tweede enkelsnit, Mekaar Bedoel, is ‘n duet saam met alombekende Burgerd Botha (Romanz) en word nou, gedurende die maand van liefde, aan radiostasies landswyd uitgereik. Hulle deel ‘n hegte vriendskap wat oor baie jare strek en volgens Hanna was Burgerd die natuurlike keuse vir hierdie duet.

Die liedjie vier daardie aan-die-brand, hals-oor-kop, irrasionele liefde en verliefdheid en is geskryf deur Seugné Botha. Dit gaan oor daardie liefde wat nie net ‘n oomblik hou nie, maar wat met tyd net warmer, dieper en beter raak.

“Ek hoop werklik dat die luisteraar teruggeneem sal word na daardie oomblik waar hy of sy dié een ontmoet het. Of dit nou al jare terug was en of dit nou nog net ‘n droom is. Ek glo dat elkeen nog daardie oomblik sal beleef”, sê Hanna.

Hierdie duet saam met Burgerd is iTunes en ook op haar debuutalbum beskikbaar.

https://itunes.apple.com/za/album/mekaar-bedoel-feat-burgerd-botha-single/1348816905

Leave a Reply