Henrico Coetzer inspireer met nuwe enkelsnit!

0
127
Henrico Coetzer - Dis Wie Ek Is
Henrico Coetzer – Dis Wie Ek Is

Henrico Coetzer se nuwe enkelsnit, Dis Wie Ek Is…, dra ‘n persoonlike en positiewe boodskap oor.

Die talentvolle en aantreklike sanger, Henrico Coetzer, se derde enkelsnit, Dis Wie Ek Is…, is pas bekendgestel. Die liedjie is ook die titelsnit van sy album wat gedurende 2016 uitgereik is.

- Advertisement -

Henrico vertel dat sy album reeds oppad drukkers toe was, maar hy het gevoel daar kort nog iets. “Die publiek moet weet wie Henrico is as hulle klaar na my album geluister het, en toe skryf ek Dis Wie Ek is… Dit is ’n baie persoonlike lied en verseker my gunsteling op die album, nie net omdat ek dit geskryf het nie maar omdat dit uit my hart kom en my gevoelens goed opsom.

Henrico se album is ook op iTunes beskikbaar.



SOSIALEMEDIASKAKELS:


Facebook: https://www.facebook.com/Henrico-288839707819172/


Twitter: @Henrico_Coetzer

As jong mens het ek baie seer gehad en dit het gelei tot depressie. Musiek was my “go to” plek gewees. Ek het besluit om met my lied Dis Wie Ek Is… te wys dat ek nie perfek is nie. Ek is ook mens en ek het ook seer, maar deur alles het ek opgestaan en myself afgestof. Jy kan dit ook doen. Jy is die wenner. STAAN OP en wees wie jy is, want Dis Wie Ek Is…”

Met so ‘n positiewe ingesteldheid en boodskap sal hierdie jong man beslis nog diep spore in die musiekbedryf trap.

 

 

Leave a Reply