Hoërskool Hans Moore wen Revue 2016

0
248

Artsvark Presser

Artsvark Presser is directly connected to the South African Arts Community, and spits out press releases and other news as passed on by community members.
Artsvark Presser
Hoërskool Hans Moore van Benoni het KykNET NOU! se Revue 2016
Hoërskool Hans Moore van Benoni het KykNET NOU! se Revue 2016

Hoërskool Hans Moore van Benoni het KykNET NOU! se REVUE 2016 gewen met hulle revue, “DAAR IS ‘N TYD – THERE IS A TIME.”

In die tweede plek was HTS Drostdy van Worcester en in die derde plek Hoërskool Kempton Park met “DIE MENS – ‘N GEVOELSWESE.” Hoërskool Hans Moore se revue is ook aangewys as die Algehele Wenner van Revue 2016. Die Algehele Wenner was tussen die wenlaerskool en wenhoërskool. Die wenlaerskool was Laerskool Baanbreker se Revue, “FUSION: MUSIC GENRES.”

- Advertisement -
Lizz Meiring en Hans Moore mascot
Lizz Meiring en Hans Moore mascot

Beoordelaars Lizz Meiring, Pieter Smith en John Jacobs moes baie kop krap om uiteindelik by ‘n Wenner van die Hoërskole Afdeling uit te kom. Lizz sê die standaard van die Hoërskole Afdeling was ongelooflik hoog. “Dit was vir my so lekker dat die hoërskooldeelnemers alles gee. Dit bly steeds ‘n voorreg om op die verhoog op te tree en hierdie kinders het deur die hele kompetisie bewys dat hulle totale respek vir die verhoog het.” Pieter Smith wat veral ook na die sang geluister het, sê dit was vir hom baie lekker om REVUE 2016 te beoordeel. “My tone het gekrul van lekkerkry vir die lekker sang van die revues. Dit was ook vir my heerlik om te sien hoe entoesiasties die hoërskooldeelnemers sing en dans.” John Jacobs, wat aanvanklik die naam as Mr Grumpy gekry het by die deelnemers, sê hy was werklik beïndruk met die standaard van die revues. “Hierdie is op internasionale standaard … ons kon net so wel in Las Vegas gewees het.”

Die wenskool, Hoërskool Hans Moore, wen R10 000 in prysgeld, R25 000 se vleis met die komplimente van Meat World vir die skool se voedingskema en dan wen die Organiseerders ook ‘n bootvaart op die Oppiwater Kunstefees van 30 April tot 5 Mei 2017 aanboord die MSC Sinfonia. Hoërskool Hans Moore wen ‘n verdere R15 000 as oorkoepelende wenner van REVUE 2016.

Hoërskool Hans Moore van Benoni het KykNET NOU! se Revue 2016
Hoërskool Hans Moore van Benoni het KykNET NOU! se Revue 2016

REVUE 2016 is ‘n opwindende revuekompetisie vir Laer- en Hoërskole wat Sondae op kykNET NOU! (Kanaal 146) om 17:00 uitgesaai word. Daar word ook ‘n “agter-die-skerms-Revue-program” uitgesaai, REVUE EKSTRA wat op Maandae om 19:30 op kykNET NOU! aan die beurt kom. Die aanbieders van REVUE 2016 en REVUE EKSTRA is Sue Pyler, Hendri Myburgh, Mandi Baard en Danie Putter. Die beoordelaars is aktrise, regisseur en skrywer, Lizz Meiring, sanger en liedjieskrywer, Pieter Smith en bekroonde internasionale mimiekmeester, John Jacobs. Die regisseur van die program is Frans Swart van Lefra Kommunikasie en Bemarking. REVUE 2016 en REVUE EKSTRA is by Carnival City se Big Top Arena voor ‘n gehoor opgeneem.

Hoërskool Hans Moore van Benoni het KykNET NOU! se Revue 2016
Hoërskool Hans Moore van Benoni het KykNET NOU! se Revue 2016

REVUE SA 2016 word aangebied met die vriendelike samewerking van Meat World wat as hoofborg optree. MEAT WORLD het 12 takke regoor die land. Angelino Perreira, Besturende Direkteur van Meat World sê dat dit ‘n baie goeie projek is om by betrokke te wees. “Dit is is vir ons lekker om by jeugprojekte soos REVUE 2016 betrokke te wees, want ons jeug is ons toekoms en dis vir ons hier by MEAT WORLD belangrik om in die jeug te belê. Ons gaan ook vir die wen-laerskool en wen-hoërskool elkeen R25 000 se vleis skenk om te gebruik vir hulle voedingskemas by die skool.”

REVUE 2016 word aangebied met die vriendelike samewerking van Carnival City, kykNET NOU!, Lefra Produksies, Meat World, Hollywood Costumes, Die Stoompomp Klerereeks, McCarthy Volkswagen Arcadia, Neuhoff Ouditeure, Playboy Unisex Intercoiffure en Stuttafod van Lines

 

 

Leave a Reply