Kan jy kers vashou by die Kandasamys? (Eksklusiewe Voorskou)

0
200

Artsvark Presser

Artsvark Presser is directly connected to the South African Arts Community, and spits out press releases and other news as passed on by community members.
Artsvark Presser

Spesiale voorskou van Keeping up with the Kandasamys op 26 Februarie 2017!

Jailoshini Naidoo as Jennifer Kandasamy and Maeshni Naicker as Shanti Naidoo
Jailoshini Naidoo as Jennifer Kandasamy and Maeshni Naicker as Shanti Naidoo

Moenie gras onder jou voete laat groei nie! Maak seker jy koop dadelik jou kaartjie vir die eksklusiewe voorskou van Keeping Up with the Kandasamys wat op 26 Februarie 2017 by uitgesoekte Ster Kinekor teaters sal plaasvind!

- Advertisement -

Wees een van die eerstes om hierdie skreeusnaakse film te sien! Kaartjie verkope open op 22 Februarie 2017. Kaartjies kan gekoop word op die Ster Kinekor webwerf of by die uitgesoekte teaters. Sien lys van teaters waar die eksklusiewe voorskoue sal plaasvind onder.

Keeping Up with the Kandasamys is in die Suid-Afrikaanse dorp Chatsworth in Durban verfilm. Vervaardig deur Helena Spring en die oorlede Junaid Ahmed en regie behartig deur Jayan Moodley, gee hierdie film die kykers die geleentheid om die leefstyl en sub-kultuur van die Iand se Indiese gemeenskap te beleef en te sien wat hulle doelwitte, drome en uitdagings is. “Dit was heerlik om die fliek in Chatsworth te skiet. Dit is ’n ikoniese plek, net soos Distrik Ses of Soweto. Die gemeenskap is vol lewe en sprankelend en ek dink dat ons dit reggekry het om, so tussen die humor deur, die unieke eienskappe en siel van hierdie area op so ’n manier vas te vang dat gehore regoor die wêreld verlief sal raak op die plek en sy mense,” sê Moodley.

Dié komiese fliek, met Jailoshini Naidoo (Eastern Mosaic, Lotus FM) en Maeshni Naicker (Broken Promises) in die hoofrolle, vertel die verhaal van twee matriargale aardsvyande van buurgesinne, wie se kinders op mekaar verlief raak, ten spyte van hulle beste pogings om die twee se verhouding te kelder. Dit dwing hulle om te besef dat ware liefde altyd wen.

Shanti Naidoo (Maeshni Naicker) is ’n tipiese A-persoonlikheid. Sy is altyd besig, gaan uit haar pad uit om ander mense gelukkig te hou en probeer opmaak vir haar tekortkominge deur gereeld ’n storm los te kook in die kombuis. Haar lewe sou perfek gewees het, as dit nie was vir haar buurvrou, Jennifer Kandasamy, (Jailoshini Naidoo), wat haar altyd een voor is nie.

Sosialemediaskakel:

Twitter: @kandasamysmovie

Instagram: @kandasamysmovie

Facebook: www.facebook.com/kandasamysmovie

#ChatsworthStyle #KandasamysMovie

Wanneer Jennifer besef dat haar pragtige rabbedoe-dogter, Jodi (Mishqah Parthiephal), verlief is op Shanti se seun Prinesh (Madhushan Singh) – ’n sagmoedige mediese student – is sy vasberade om die verhouding stop te sit. Sy het egter die hulp van haar aartsvyand nodig om haar plan uit te voer. “Die twee vroue konkel en beplan saam, soek ander potensiële maats vir hulle kinders, en meng oor die algemeen net in waar hulle kan,” sê vervaardiger Helena Spring.

Keeping Up with the Kandasamys beloof om gehore te vermaak met skreeusnaakse tonele oor families, verhoudings en buurt-afguns. Dié rolprent, wat musiek deur Kyle Deutsch en The Parlotones insluit, is vervaardig in samewerking met M-Net, die Kwazulu Natal Film Kommissie, die DTI en NFVF, word versprei deur Ster-Kinekor Entertainment, en sal op 3 Maart 2017 in fliekteaters, regoor die land, uitgereik word.

Wanneer: Sondag 26 Februarie 2017
Tyd: 12:00 en 14:00
Waar: Ster-Kinekor: Cavendish (Cape Town), Arcades (Zambia), Musgrave (Durban), Gateway (Durban), Brooklyn (Pretoria), Forest Hill (Pretoria), Newtown – (Jhb), Rosebank Zone – (Jhb), Sandton (Jhb), Canival City (East Rand), Mall of Africa (Midrand)

Leave a Reply