Krotoa presteer by plaaslike loket!

0
139

Artsvark Presser

Artsvark Presser is directly connected to the South African Arts Community, and spits out press releases and other news as passed on by community members.
Artsvark Presser
Crystal Donna-Roberts as Krotoa. Photo Credit: Uwe Jansch.
Crystal Donna-Roberts as Krotoa. Photo Credit: Uwe Jansch.

“Roberta Durrant vertel die storie van KROTOA met onberispelike regie en gee ’n vars, nuwe blik op ’n onvertelde storie wat nou vir die eerste keer kans kry om gehoor te word. Jy moet dit beslis sien!,” meen fliekkenner Leon van Nierop, oor hierdie geskiedkundige rolprent wat besonders goed presteer het by die loket gedurende die openingsnaweek.

Dié fliek, wat onlangs by vyf-en-twintig teaters begin draai het, is reeds deur sowat 7 500 kykers gesien en het amper ’n halfmiljoen verdien, wat buitengewoon goed is vir ’n Suid-Afrikaanse drama. Dit het ook amptelik die Top 10 van die nasionale rolprenttrefferlys betree.

- Advertisement -

Hierdie merkwaardige drama vertel die storie van ’n vurige elfjarige Khoi-prinses (Charis Williams), wat van haar stam weggeskeur word om vir Jan van Riebeeck (die eerste goewerneur van die Kaapse Kolonie en haar oom se handelsvennoot) te gaan werk. Sy word na die eerste Fort, wat in 1652 deur die Oos-Indiese Kompanjie gevestig is, geneem waar sy grootword as ’n visionêre jong dame. KROTOA (Crystal-Donna Roberts), wat leer om die Nederlandse taal en kultuur goed te verstaan, word ’n invloedryke tolk tussen Jan van Riebeeck (Armand Aucamp) en haar eie mense. Vasgevang tussen twee kulture, probeer sy om dié twee wêrelde met mekaar te versoen, wat veroorsaak dat die Khoi-stam haar verwerp en die Nederlanders haar vernietig. Sy verloor dus alles om geboorte te gee aan die nasie waarvan ons vandag deel is.

Krotoa, a hit at international film festivals. Photo credit: Uwe Jansch
Krotoa, a hit at international film festivals. Photo credit: Uwe Jansch

Die fliek, uit die pen van Kaye Ann Williams en Margaret Goldsmid, is geskep deur ’n dinamiese span vroue, met bekroonde filmvervaardiger, Roberta Durrant, as regisseur en vervaardiger. “Ons is baie opgewonde oor die openingsnaweek van KROTOA. Ons het wonderlike resensies gekry van Media24, Rapport, Daily Sun, The Star, Bioskoop en City Press. Die fliek het ’n vierster-gradering ontvang en die media het Suid-Afrikaners aangemoedig om dit te gaan sien, wat wonderlik is omdat dit goed is om ’n geskiedkundige fliek op die grootskerm te kyk. Dit is vir ons baie duidelik, uit die terugvoer van die afgelope naweek, dat die fliek aanklank vind by Suid-Afrikaanse gehore,” sê Durrant. Williams, wat voorheen aan ’n dokumentêr oor KROTOA se lewe gewerk het, is net so positief oor die fliek se hartlike ontvangs. “Ek is verheug oor die goeie openingsnaweek, maar ook vir die wonderlike platform wat dit skep om KROTOA se belangrike bydrae tot ons geskiedenis weer te gee.”

Krotoa. Photo credit: Uwe Jansch
Krotoa. Photo: Uwe Jansch

Anna-Marie Jansen van Vuuren van Bioskoop sê: “Alhoewel ek dit gewoonlik as ©° cliché beskou as iemand sê: ‘Hierdie rolprent is op internasionale standaard’ óf ‘dit lyk nes ©° oorsese fliek’, het ek myself gevang dat hierdie gedagte telkemale terwyl ek hierna gekyk het by my opgekom het. Daar is iets aan die helderheid van die beeld, die keurigheid van die klankontwerp en die manier waarop die skote beplan was – wat net heeltemal op ©° ander vlak is.

“KROTOA is ’n fliek wat jou aan die dink sit en bybly, lank nadat jy dit klaar gesien het. Dit is iets wat elke Suid-Afrikaner moet sien en hopelik net die eerste van baie uit die geskiedenisskatkis van inheemse mense se onvertelde stories,” voeg Netwerk24 se Leandra Engelbrecht by.

KROTOA is vervaardig deur die SAFTA-bekroonde rolprentvervaardigingsmaatskappy, Penguin Films, in samewerking met kykNET, en sluit ook indrukwekkende vertolkings in deur Jacques Bessenger, Deon Lotz, Marcel van Heerden, Roeline Daneel, Brendan Daniels en Ernest St Clair. Die rolprent is tans landswyd te sien en word versprei deur Ster-Kinekor Entertainment.

Leave a Reply