NCT bied aan Pippie Langkous – die musiekblyspel

0
94
Pippie Langkous
Pippie Langkous

Sy is terug! Die meisie met die helder rooi vlegseltjies! Sy is ondeund, ongelooflik sterk, propvol pret het ’n yslike tas vol geld en gaan op die mees opwindende avonture wat jy jou kan voorstel. Haar naam is Pippielotta,Verestowwer, Pepperminta, Seerower se dogter.. of sommer net PIPPIE LANGKOUS!

Hierdie produksie is moontlik gemaak deur die laaste deel van ‘n R2m National Lotteries Commission (NLC) skenking.

Die Engelse weergawe van die produksie het onlangs ’n baie suksesvolle speelvak gehad by ons National Children’s Theatre (NCT) in Parktown, Johannesburg. Dit is aangewys as BEST FAMILY FRIENDLY PRODUCTION in die onlangse SA Theatre Magazine se teater toekennings. Na oorweldige publieke aanvraag bied NCT met trots die Afrikaanse weergawe aan. Die speelvak van hierdie prettige produksie is vanaf die 14de Februarie 2017 by skole regoor Gauteng en omliggende omgewings.

- Advertisement -

Regie en vertaling deur Francois Theron.

Die verhaal van die klein meisietjie met die rooi hare, sproetjies en aansteeklike persoonlikheid is welbekend en word al vir jare deur kinders (en hul ouers) bemin. Dis ‘n unieke storie van ’n kind wat alleen bly met haar perd en natuurlik haar klein apie. Alhoewel daar baie prettige avonture is, is daar ook sensitiewe oomblikke waneer PIPPIE verlang na haar seerower Pa (wat iewers op die see ronddobber) en haar Ma wat ’n “engel in die hemel” is. PIPPIE kom voor as n heldhaftige heldin maar eintlik is sy meer ’n helper of storieverteller wat ’n kaleidoskoop van kleur en plesier in die lewens van sogenaamde ‘gewone’ kinders bewerkstellig. Sy is ook die eienaar van ontelbare skatte (goue muntstukke) wat die drome van enige kind kan laat waar word.

  • Gebasseer op die oorspronklike boek deur Astrid Lindgren
  • Verwerk vir die verhoog deur Saffan Götestam
  • Musiek,liedjies en lirieke deur Sebastian

Vertonings: 14 Februarie tot 3 Maart 2017 (Maandag tot Vrydag by skole)
Kaartjies: R50 per leerling (minimum 250 leerlinge)
Navrae: Skakel Claudy of Zuki 011 484 1584/5 of epos bookings@nctt.org.za


Webwerf:
www.nationalchildrenstheatre.org.za
Twitter:
@NCTParktown
Facebook:
https://www.facebook.com/groups/117104588327503/

Dis ’n uiters energieke produksie, vol van pret, komedie en opwindende musiek en liedjies wat almal sal wil laat saam sing. Die boodskap en tema van die produksie is duidelik: ENIGE IETS IS MOONTLIK AS JY NET IN JOUSELF GLO.

Dis ’n unieke ervaring vir die skoliere om so ’n bekende en geliefde verhaal lewendig op die verhoog te kan sien. Die oorspronklike boeke is in 1945 gepubliseer, later weer in 1964-70 en die laaste twee in 1979-2000 en is deel van die Sweedse populêre kultuur. In later jare het verskeie vertalings, rolprente en TV verwerkings gevolg wat PIPPIE internasionaal beroemd gemaak het. (Suid Afrikaners sal die bekende TV reeks, wat in die jare sewentig uitgesaai is, en gereeld herhaal word, onthou)

In die NCT produksie word al die rolle deur professionele akteurs vertolk en sluit in Grant Towers, Angela Sparks, Tiaan Slabbert, Lesego Molotsi, Klaus Louis, Alida Senekal, Simeon Hamman, Inge Crafford-Lazarus en Bethany Joy Harding.

Die kreatiewe span is Francois Theron (Artistike Direkteur NCT), Dale Scheepers (Musikale regie), Nicol Sheraton (Choreografie), Sarah Roberts (Kostuum) en Stan Knight (Stel ontwerp)

Leave a Reply