Noem My Skollie beskikbaar op DVD en DStv Boxoffice!

0
201

Artsvark Presser

Artsvark Presser is directly connected to the South African Arts Community, and spits out press releases and other news as passed on by community members.
Artsvark Presser
Noem My Skollie / Call Me Thief - The Original Motion Picture Soundtrack
Noem My Skollie / Call Me Thief – The Original Motion Picture Soundtrack

“NOEM MY SKOLLIE is een van die indrukwekkendste, mees vreeslose en relevante Afrikaanse rolprente sedert Jans Rautenbach hierdie terrein in die sestigs betree het. Dit vertel die ware verhaal van ‘n seun wat in die tronk beland, presies wat daar met hom gebeur, en sy pogings om homself te rehabiliteer. Die fliek konfronteer jou met wat werklik in tronke aangaan, en dit noem ‘n ding op sy naam. Dit is steeds vandag relevant en iemand het die moed gehad om dit te wys.” – Leon van Nierop.

Regisseur, Daryne Joshua, se Oscar-bekroonde debuut-speelfilm, NOEM MY SKOLLIE, het kykers se harte en verbeelding uit die staanspoor verower. Dié rolprent sal binnekort op DStv BoxOffice en DVD beskikbaar wees en is ’n móét vir enige Suid-Afrikaanse fliekversameling.

- Advertisement -

Hierdie aangrypende drama vertel die verhaal van ’n jong Kaapse man (Dann-Jacques Mouton) in die 1960’s, wat in die tronk beland en sy talent as storieverteller gebruik om hom te beskerm teen bendes. Kort nadat hy vrygelaat word, word hy by ’n moordverhoor ingesleep en staar hy, saam met sy jarelange vriende, die doodstraf in die oë. Die rolprent is gebaseer op die lewe van draaiboekskrywer, John W. Fredericks, wat nou sewentig-jaar oud is. Dit is ’n hartroerende storie oor verlossing, wat die gehoor op ’n aksiebelaaide mallemeule met ’n groot emosionele impak, neem. Dit is ’n film wat, op ’n outentieke manier, delf in die kultuur van die kleurlinggemeenskap in die Wes-Kaap, maar deur alle Suid-Afrikaners geniet kan word – ongeag van hulle kleur, geloof of taal. “Die fliek bring hulde aan die krag van stories, omdat die hoofkarakter stories gebruik as ’n manier om uit die gevaarlike situasies in sy lewe te ontsnap. Stories red op sy lewe op baie maniere. Ek kan daarmee vereenselwig, omdat dit is hoe ek self uit die Kaapse Vlaktes – vol misdaad en armoede – ontsnap het. Ek was dus nie besig om iemand anders se storie te vertel nie, maar my eie, en wou hê mense moes dit hoor,” verklap regisseur, Daryne Joshua.

NOEM MY SKOLLIE spreek temas van vriendskap, verraad, vergifnis, aanvaarding, die behoefte aan ’n beter lewe, hoop en liefde aan. Die titel sinspeel ook op die gesegde dat jy nie iemand op sy baadjie moet takseer nie en dra die boodskap dat elkeen van ons ’n roeping het en dat die voorreg om daardie roeping uit te leef soms teen ’n prys kom. Die fliek, wat vir 13 weke in fliekteaters gewys het, is reeds deur meer as 75 000 mense regoor die land gesien en het – sedert dit in September 2016 uitgereik is – baie goeie resensies ontvang. Dit is ook Suid-Afrika se amptelike inskrywing in die Beste Buitelandse Film-kategorie van die 2017 Oscar-toekennings en is ook aanvaar in die Awards Buzz-afdeling van die 2017 Palm Springs Internasionale Filmfees wat in Kalifornieë gehou word. “Ek het ’n onmoontlike droom gedroom. Diep binne in my hart het ek geweet dat SKOLLIE ’n impak gaan hê! Toe ek 70 geword het, het ek ’n nagemaakte OSCAR-beeldjie ontvang en dit het ’n ereplek in die middel van my lessenaar gekry. Ek het dit laat manifesteer!” vertel draaiboekskrywer, John W. Fredericks. Vervaardiger, Moshidi Motshegwa, sê: “Die grootste bevestiging wat ’n kunstenaar kan kry, is deur sy eie mense. Ons is in die wolke omdat ons daardie bevestiging gekry het!”

Die fliek, met ’n klankbaan deur die bekende musikant Kyle Shepherd, is baie noukeurig verfilm en sluit uitstekende rolvertolkings deur van die land se gesoutste akteurs en nuwelinge in, soos Gantane Kusch, Tarryn Wyngaard, Christian Bennett, Gershwin Mias, Oscar Peterson, Abdu Adams, Peter Butler, Charlton George, Jill Levenberg, Denise Newman, Sandi Schultz, André Roothman, Paul du Toit, Irshaad Ally, Austion Rose, Ethan Patton, Joshua Vraagom, Valentino de Klerk, asook David Manuel, wat die tronkbaas speel en nog self op parool was toe rolprent gemaak is. “As jy flieks soos Shawshank Redemption, Tsotsi en City of God kombineer, sal jy ’n fliek kry wat NOEM MY SKOLLIE die beste versinnebeeld in terme van filmgehalte en vermaak,” sê vervaardiger, David Max Brown.

NOEM MY SKOLLIE is ’n ware silwerskerm-rolprentervaring, wat die kykers sal meevoer na ’n wêreld op die Kaapse Vlaktes, wat nog nooit voorheen op so ’n eerlike manier uitgebeeld is nie. Die fliek sal aanklank vind by alle Suid-Afrikaners, maar veral by diegene wat die gewelddadige werklikheid van die wêreld van die storie kan konfronteer en bereid is om die oorwinning van die menslike gees te vier.

Hierdie bekroonde juweel is vanaf 30 November 2016 beskikbaar by jou naaste videowinkel of op DStv BoxOffice en sal vanaf 2 Desember 2016 te koop wees by uitgesoekte Musica-, Checkers-, CNA-, PnP Hyper-, Makro en aanlynwinkels (Takealot, Raru, Loot). Die DVD sluit ook ’n 24-minuut versameling van tonele, wat nog nooit voorheen gesien is nie, in met kommentaar van die regisseur en redigeerder. Die rolprent is vervaardig deur Maxi-D Productions, in samewerking met M-Net, kykNET, die Nasionale Rolprent- en Videostigting (NFVF) en die DTI, en word versprei deur Ster-Kinekor Entertainment.

DIE MEDIA SE OPINIE…

“As jy van boeiende flieks hou, wat jou uitdaag om te dink, sal jy mal wees hieroor.” – Alex Isaacs, Channel 24

“Dit is aangrypend, skerp en goed vervaardig.” – Adrian Roets, The Citizen

“As ‘Tsotsi’ die Oscar (2006) kon wen vir buitelandse rolprent, kan hierdie fliek – wat kop en skouers bo dit uitstaan – beslis ook. ’n Ware verhaal, wat briljant vertel en vertolk word.” – Aden Thomas, HEART FM

“Die fliek is net soveel die verhaal van ’n man se deursettingsvermoë om nie in ’n bende te beland nie, as wat dit gaan oor die impak van stories.” – Theresa Smith, The Star Tonight

“Hier is ’n tikkie van die rolprent ‘Boyz n the Hood’, ’n rapsie van ‘City of God’ en ’n lekseltjie van ‘Midnight Express’. Dit sal jou na donker plekke neem, maar teen die einde gaan die deure van die tronk oop en kan jy die sonlig op jou vel voel brand. Dit is ons s’n, tuisgebak, innoverend en in heerlike Afrikaans.” – Herman Lategan, joernalis

TERUGVOER OP SOSIALE MEDIA…

“Ongelooflik eerlik, ontstellend en briljant.” – Marc Lottering

“#NoemMySkollie is fantasties! Die draaiboek is boeiend, ’n mengsel van poësie, volksverhaal en ‘skollie-taal’! Dit is foutloos en met groot kundigheid vervaardig!” – Alfred Moraka

“Ek kon nie opstaan toe die fliek klaar was nie. Ek het net daar gesit en huil totdat hulle ons kom vra het om die fliekteater te verlaat.” – Khadija Tracey Heeger

“Rou, eerlike storievertelling op sy beste!” – Monique Mannel Daniels

“Een oomblik het ek gelag en die volgende oomblik huil ek…” – Wendy de Villiers

“’n Briljante fliek. ’n Volslae meesterstuk.” – Ganief Adams

“Ek het 600km gery om die fliek te gaan kyk en is bly ek het. Dit het my hartsnare geroer en my soos ’n vuishou in die maag getref. Dit het my daaraan herinner dat ons almal ’n storie het om te vertel. Ek was mal oor die fliek!” -Rooksana Coovadia

“Die regisseur het die akteurs gelei om hulle rolle so oortuigend te vertolk dat dit die ware siel van die Kaapse Vlaktes, wat oor die algemeen misverstaan word, vasgevang het.” – Christo Davids

SOSIALEMEDIASKAKELS
Noem My Skollie: Facebook, Twitter, Youtube Trailer.
Kyle Shepherd: Facebook, Twitter, Instagram, Website.

Leave a Reply