Nuwe Afrikaanse aanlyn-boekwinkel vir Varsgedruk

0
186

Artsvark Presser

Artsvark Presser is directly connected to the South African Arts Community, and spits out press releases and other news as passed on by community members.
Artsvark Presser
Nuwe Afrikaanse aanlyn-boekwinkel vir Varsgedruk!
Nuwe Afrikaanse aanlyn-boekwinkel vir Varsgedruk!

Ses jaar gelede het Varsgedruk die SA boekindustrie vernuwe deur boeke vir die eerste keer deur middel van aksiebelaaide boeklokprente aan ’n nuwe gehoor bekend te stel.Sedertdien het die Varsgedruk-span reeds meer as 350 boeklokprente vervaardig wat weekliks as boekinsetsels op kykNET verskyn, en aangebied word deur geliefde aktrise Susanne Beyers.

Vandag is Varsgedruk ’n huishoudelike naam en sinoniem met die nuutste boeke. Om dit vir boekliefhebbers nou nóg makliker te maak om hul gunsteling-boeke in die hande te kry, het die innoverende span sopas ’n doelontwerpte aanlyn-boekwinkel bekendgestel, www.varsgedruk.co.za. Hierdie splinternuwe webtuiste verkoop slegs boeke, so lesers kan nou die nuutste Afrikaanse boeke moeiteloos aanskaf en gratis laat aflewer – selfs in die platteland!

- Advertisement -

Derick Muller, die skepper van Varsgedruk, sê: “Ons doel was van die begin af om iets by te dra tot die lewendige leeskultuur onder Afrikaanssprekendes. Met die webtuiste is dit nou soveel makliker om al jou gunsteling-boeke in die hande te kry. Varsgedruk se aanlyn-boekwinkel het reeds sy eerste verkope in Desember verlede jaar gesien, toe die webtuiste vir ’n paar dae aanlyn was vir toetse. ’n Leser van Pretoria het vyf boeke bestel; toe moes ons spring! Dit is net weereens ’n bewys van hoe groot die vraag is na ’n platform vir Afrikaanse lesers om hul boeke op te koop.”

Nou kan boekliefhebbers werklik lekker lees met Varsgedruk!

Vir meer inligting oor Varsgedruk Boekwinkel besoek die webtuiste www.varsgedruk.co.za.
Vir navrae, kontak Chris le Roux by info@varsgedruk.co.za of by 021 422 3722. Volg hulle op Facebook of Instagram vir meer boekenuus.

Leave a Reply