Oppiwater Kunstefees vir Fiesta-toekenning benoem

0
150

RSG en Lefra Produksies se Oppiwater Kunstefees wat aanboord die luukse MSC Sinfonia aangebied word, is so pas vir ‘n Fiesta-toekenning as die gewildste Fees in 2016 genomineer.Hierdie kunstefees is baie uniek in die wêreld, want sover daar vasgestel kan word, bestaan daar nie nog so ‘n kunstefees op ‘n plesierboot nie.

Frans Swart, Besturende Direkteur van Lefra Kommunikasie en Bemarking sê hy is werklik opgewonde dat DIE OPPIWATER KUNSTEFEES hierdie besondere Fiesta Nominasie ontvang het. “Ons reël werklik ‘n besondere kunstefees en ek moet sê dit is vir Feesgangers eintlik die ideale manier om te bespreek vir ‘n Kunstefees. Jy het alles by jou op hierdie kunsskippie. Jy bly op die boot. Jy eet en drink op die boot. Jy sien tot 20 verskillende produksies op die Boot. So, dis effektiewelik goedkoper, maar almal is in ‘n baie meer ontspanne luim om ‘n kunstefees te geniet, want jy hoef nie eers na verskillende venue te jaag en parkering te soek nie.” Magdaleen Kruger, Stasiebestuurder van RSG, sê sy is ook baie opgewonde oor die Fiesta Nominasie. “RSG is altyd voorlopers en ons is baie trots daarop om Suid-Afrikaanse kuns en kultuur te bevorder. Oppiwater is uniek en ons se al by voorbaat baie dankie aan al ons luisteraars wat daarvoor gesorg het dat Oppiwater genomineer is.”

- Advertisement -
MSC Sinfonia - Cape Town
MSC Sinfonia – Cape Town

Feesgangers kan nou reeds stem vir die Fiesta-toekenning vir die OPPIWATER KUNSTEFEES. Dit is baie maklik. Gaan net na www.kyknetfiestas.co.za en kliek op die Oppiwater Kunstefees. Passassiers kan ook die skakel vind by www.oppiwater.co.za Kliek net op die blokkie wat sê: “STEM VIR FIESTA!”

RSG en LEFRA PRODUKSIES se vierde Oppiwater Kunstefees vind volgende jaar plaas van 30 April tot 5 Mei 2017 aanboord die luukse MSC Sinfonia. Die OPPIWATER KUNSTEFEES is ‘n baie unieke kunstefees met meer as 20 verskillende Produksies wat elkeen ‘n paar keer speel in die verskeie teaters en venues op die MSC Sinfonia. Volgende jaar se OPPIWATER KUNSTEFEES vertrek vanaf Kaapstad en besoek Namibië se mooie Lüderitz en Walvisbaai. Besprekings vir volgende jaar se Oppiwater Kunstefees kan gedoen word by 0860 11 44 11 of op die webtuiste: www.oppiwater.co.za VIr meer inligting, skakel gerus vir Lefra Produksies by 011 815 3000 of epos aan: admin@lefra.com

Die feesprogram vir die OPPIWATER KUNSTEFEES is so pas bekend gemaak en dit is sommer ‘n heerlike Feesprogram! Feesgangers kan na die volgende Produksies uitsien:

  • AS DROME VLERKE KRY met Hennie Smit en Arina de Witt
  • BLOU-BLOU met Erik Holm
  • BONJOUR MONSIEUR BREL met Jannie du Toit, Susan Mouton en Coenraad Rall
  • CHRISTO EN COBUS met Christo Snyman en Cobus Snyman
  • DIE EGGO VAN JOU OË met Jannie du Toit
  • DIE JALOERSBOKKIES met Jawaaiher Pietersen, Nedine Blom en Ashur Pietersen
  • DIE WYN, DIE VROU, DIE LIED met Johan Rademan, Christo Snyman en Hennie Retief met volle wynproe deur Van Loveren Wyne
  • FIELA SE KIND deur Dalene Matthee, verwerk deur Suzanne van Wijk en regie deur Frans Swart
  • KOM KOOK MET MARTELIZE met Martelize Brink
  • MY PASSIE VIR JESUS met John Jacobs
  • OOMS met Tobie Cronjé en Gerben Kamper
  • OP DIE EERSTE EEN met Pieter Smith
  • REFENTSE met Refentse
  • RSG RADIODRAMA met Johan Rademan as regisseur
  • SOEN MY, DRUK MY met Alwyn Oberholster
  • STOUT (BAIE STOUT) MET DERRICH met Derrich Gardner
  • WEGVAARTPARTYTJIE met verskeie kunstenaars
  • OPPIWATER ONTPLOFFING met verskeie kunstenaars
  • RSG REGSTREEKSE BUITE UITSENDINGS vanaf die dek
  • ONTMOET DIE KUNSTENAARS met verskeie kunstenaars

Bespreek nou vir die OPPIWATER KUNSTEFEES by 0860 11 44 11 of bespreek by www.oppiwater.co.za

 

Leave a Reply