STELLA stel nuwe enkelsnit en album bekend!

0
263

Artsvark Presser

Artsvark Presser is directly connected to the South African Arts Community, and spits out press releases and other news as passed on by community members.
Artsvark Presser
Die talentvolle sangeres, liedjieskrywer en mede-worship leier van die groep, Duis:Lig het gedurende April 2016 haar eerste enkelsnit en musiekvideo, Nuwe Môre, bekendgestel. Dié liedjie en video is ongelooflik goed ontvang deur radio stasies en televisie kanale landswyd.
Stella - Nuwe More
Stella – Nuwe More

Haar tweede enkelsnit, Deur Die Liefde En Die Seer, word op 10 Maart 2017 uitgereik en opgevolg met haar debuut album vrystelling, Nuwe Môre, op 27 April 2017. Die album is beskikbaar op alle digitiale platforms, insluitend iTunes, Apple Music, Google Play Music en MiTracks.

Oor Deur Die Liefde en Die Seer sê STELLA: “Hierdie liedjie is vir al die paartjies wat klippe kou… Die huwelik is nie altyd maanskyn en rose nie. Dit is so maklik om perspektief te verloor en heeltemal te vergeet hoekom julle oorspronklik verlief geraak het. Dit is belangrik om ‘n anker te hê, veral in die moeilike tye! Ek en my man het ook al groot klippe gekou, maar die liedjie het ek spesifiek geskryf toe ’n hele paar van my vriende almal gelyktydig deur onstuimige waters in hulle huwelike gegaan het. Ek hoop dat dit, wie ook al met die liedjie kan identifiseer, sal help om die mure af te breek en weer te probeer.”

Liedjies op die album:

- Advertisement -
  1. Deur Die Liefde En Die Seer (Stella & Jake Odendaal)
  2. Die Berge Blou (Stella & Jake Odendaal)
  3. Nuwe Môre (Stella & Jake Odendaal)
  4. Dagbreek (Stella)
  5. Hoop In Liefde (Stella)
  6. Limbo (Stella)
  7. Onthou Jy Nog (Stella)
  8. Carry You (Stella & Jake Odendaal)
  9. Wonderwerk (Stella)
  10. Suid-Afrika (Stella, Rixi Roman, Jake Odendaal)
  11. Uit Die Mond Van ’n Boom (Stella)
  12. Words (Stella & Jake Odendaal)
Stella is nie ’n nuweling op die musiekkringloop nie. Duis:Lig het in 2015 die Ghoema Toekenning vir Beste Gospel Album ontvang en is ook vir drie Tempo Toekennings en twee SAMA Toekennings genomineer. Hulle het ook pas weer ‘n Ghoema nominasie vir Beste Gospel Album ontvang. Die Ghoema Toekennings vind plaas op 23 April 2017.

Stella het egter begin om die ander kant van haar musikale passie saam met Jake Odendaal, multi-genomineerde SAMA-vervaardiger en klank-ingenieur te ontgin. Hy werk die afgelope 15 jaar saam met kunstenaars soos Joe Niemand, John Ellis (Tree63), Elvis Blue en Joe Foster. Die eindresultaat is STELLA se debuut album, Nuwe Môre en bestaan uit 12 oorspronklike komposisies.

Sosiale media skakels:

Sy is baie opgewonde oor haar debuut album se vrystelling. “Dit is ’n samestelling van liedjies wat ek oor die afgelope 5 jaar geskryf het. Daar is baie hart in al die skryf en produksie van hierdie liedjies. Mense kan iets vars verwag! ‘n Enkele liedjie verklap nie die album nie – elke liedjie is anders. Die lirieke is geïnspireer deur die lewe en dit vertel ’n storie. Ek glo daar is iets waarmee elke persoon sal kan identifiseer – van ’n liefde vir die natuur, tot terugdink aan ons kinderdae. Van hoe ons liefde, swaarkry en seerkry onthou, tot vorentoe kyk na ’n Nuwe Môre. Ek hoop dit sal mense inspireer om die mooi in die lewe raak te sien, en natuurlik hoop ek dat hulle die musiek sal geniet!”

 

Leave a Reply