Uitnodiging om in te skryf vir die Nasionale Eisteddfod Jong Kunstenaarstoekennings

0
176
Henno William
Henno William

Johannesburg – Dit is weer tyd vir die Nasionale Eisteddfod Akademie se Jong Kunstenaarstoekennings. Hierdie kompetisie vind vanjaar vir die 15de keer plaas. Dit bied ‘n verdere platform aan jong kunstenaars wat reeds in plaaslike kompetisies presteer het, om ook op nasionale vlak in musiek, dans en drama te kompeteer. Die totale prysgeld vir 2018 is R100 000.

Isabella Jane Snyman
Isabella Jane Snyman

“Die wyse waarop vorige wenners en toppresteerders in hierdie kompetisie internasionaal presteer, is ‘n sprekende bewys van die hoë vlak waarop hierdie kompetisie sedert sy ontstaan 15 jaar gelede bedryf word.” – Dr. Francois van den Berg, Hoofuitvoerende Beampte van die Nasionale Eisteddfod Akademie.

- Advertisement -

Die kompetisie vir die Jong Kunstenaarstoekennings vind oor vier rondtes plaas en deelnemers word deur ‘n paneel van kundiges in die volgende kategorieë beoordeel:

  • Spraak en drama
  • Dans
  • Klassieke en “cross-over” musiek (vokaal en instrumenteel)
  • Kontemporêre musiek (vokaal en instrumenteel)

Inskrywings vir die Jong Kunstenaarstoekennings sluit Vrydag 9 Februarie 2018. Meer inligting is beskikbaar by www.eisteddfod.co.za. Belangstellende kan ook ‘n e-pos stuur aan info@eisteddfod.co.za of 011 886 6005 skakel gedurende kantoorure.

Leave a Reply