Van der Merwe besprekings nou oop!

0
154

Van Der Merwe PosterDie fliek, Van der Merwe, begin eerskomende Vrydag, 28 Julie 2017, in teaters landswyd draai. Besprekings is nou oop!

Suid-Afrikaners kan vanaf 26 Julie 2017 via Ster Kinekor en Nu Metro kaartjies bespreek VAN DER MERWE, wat vanaf Vrydag 28 Julie 2017, in fliekteaters landwyd te sien sal wees.

- Advertisement -

Besoek die volgende skakels om jou kaartjies nou te bespreek:

Na afloop van die fliek se amptelike premiére op Maandag 24 Julie 2017 in Kaapstad, loop die opgewondenheid hoog en woord versprei vinnig oor die land se ikoniese karakter, VAN DER MERWE.

Die huishoudelike naam, vriend, en buurman, VAN DER MERWE, is eersdaags op die silwerskerm. Die rol van Van der Merwe word vertolk deur die welbekende en talentvolle Rob van Vuuren.

VAN DER MERWE se amptelike lokprent bekendgestel!
VAN DER MERWE se amptelike lokprent bekendgestel!

Rob sê hy het ‘n fantastiese tyd op stel gehad en dit was ‘n wonderlike ervaring. “Dit was ‘n onvergeetlike ervaring en geleentheid om so ‘n ikoniese karakter te vertolk. Ek dink mennse gaan lekker lag om te sien hoe Van lewe kry op die grootskerm en ek hoop hulle kan hulself in sekere situasies vereenslewig met die karakter. Ek het dit baie geniet om Van te speel en ek hoop die kykers geniet,” voeg Rob by.

LYS VAN TEATERS:


SterKinekor Theatres (32)

  • Northcape
  • Baywest
  • Tygervalley
  • Cape Gate
  • N1 City
  • Bayside
  • Blueroute
  • Somerset Mall
  • Eikestad
  • Promenade
  • Garden Route Mall
  • Maerua Mall
  • Mimosa
  • Gateway
  • Northgate
  • Matlosana
  • Wonderpark
  • Centurion City
  • Brooklyn Comm
  • Forest Hill
  • Kolonnade
  • Rustenburg
  • Irene Mall
  • Rosebank Zone
  • Sandton
  • Cresta
  • Mall at Carnival
  • East Rand Mall
  • Greenstone
  • Riversquare
  • Festival Mall
  • Northmead

NuMetro (10)

  • Canal Walk
  • Clearwater
  • Galleria
  • Key West
  • Loch Logan
  • Menlyn Park
  • Parkview
  • V&A Waterfront
  • Welkom
  • Worcester

Independents (8)

  • Atlanta Cinema
  • Epic Mall @ Reds
  • Epic Northridge
  • Maxi Cineplex
  • Movies @ Emnotweni
  • Movies @ Monte
  • Movies @ Silverstar
  • Movies @ The Ridge

Vervaardigers Craig Jones, Bruce Macdonald, Murray Macdonald en Bruce Lawley bring ’n splinternuwe, tong-in-die-kies familiekomedie na die grootskerm, ten volle toegerus met sy wanopvattings, vooroordele en kenmerkende onvermoë om suksesvol te wees. Die film speel af op ’n plaas in Suid-Afrika.

Die film vertel die verhaal van Van se dogter, Marike, wat terugkeer na ’n oorbruggingsjaar in England. Maar sy is nie alleen nie. Haar verloofde, George, ’n Britse mediese student is aan haar sy. Dit skep die perfekte geleentheid vir talle probleme en uitdagings…

“VAN DER MERWE is ’n goedvoel-fliek. Ons wil hê dat mense die teater moet verlaat met ’n glimlag en die positiewe boodskap dat alles oukei sal wees, ongeag van jou omstandighede of tekortkominge. Maar dan moet jy vir jouself kan lag. Jy kan die lewe nie te ernstig opneem nie. Bly getrou aan wie jy is, moenie moed opgee nie en hou altyd aan met glimlag,” meen Lawley.

Behalwe vir van Vuuren se uitmuntende vertolking van Van, sluit die rolverdeling ‘n hele reeks bekende name in soos Ian Roberts, Chanelle de Jager, Reine Swart, Adrienne Pearce, André Jacobs, Rika Sennett, Erica Wessels, Louw Venter, Benedikt Sebastian, Matthew Baldwin, Neels van Jaarsveld en Melt Sieberhagen om maar net ’n paar te noem. Kurt Darren maak ook ’n gasvertoning as ’n sanger by die troue en Barry Hilton speel die rol van Freddie, die kroegman en Van se beste vriend.

VAN DER MERWE beloof om kykers te laat skaterlag met skreeusnaakse familie- en kultuurkonflik, ongemaklike situasies, en katastrofes wat die Van der Merwe-titel meer as gestand sal doen. Dié rolprent word versprei deur Ster-Kinekor Entertainment en word op 28 Julie 2017 vrygestel.

 

Leave a Reply