Vierde Oppiwater Kunstefees program bekend gestel

0
199

RSG en Lefra Produksies se vierde Oppiwater Kunstefees vind volgende jaar plaas van 30 April tot 5 Mei 2017 aanboord die luukse MSC Sinfonia.

MSC Sinfonia - Cape Town
MSC Sinfonia – Cape Town

Die Oppiwater Kunstefees is ‘n baie unieke kunstefees met meer as 20 verskillende produksies wat elkeen ‘n paar keer speel in die verskeie teaters en venues op die MSC Sinfonia. Volgende jaar se Oppiwater Kunstefees vertrek vanaf Kaapstad en besoek Namibië se mooie Lüderitz en Walvisbaai. Besprekings vir volgende jaar se Oppiwater Kunstefees kan gedoen word by 0860 11 44 11 of op die webtuiste: www.oppiwater.co.za. VIr meer inligting, skakel gerus vir Lefra Produksies by 011 815 3000 of epos aan: admin@lefra.com. Die Oppiwater Kunstefees word aangebied met die vriendelike samewerking en ondersteuning deur Stuttaford van Lines, McCarthy Volkswagen Arcadia, RSG en Sounds Good.

- Advertisement -

Die feesprogram vir die Oppiwater Kunstefees is so pas bekend gemaak en dit is sommer ‘n heerlike Feesprogram!

Oppiwater KunstefeesFeesgangers kan na die volgende produksies uitsien:

  • AS DROME VLERKE KRY met Hennie Smit en Arina de Witt
  • BLOU-BLOU met Erik Holm
  • BONJOUR MONSIEUR BREL met Jannie du Toit, Susan Mouton en Coenraad Rall
  • CHRISTO EN COBUS met Christo Snyman en Cobus Snyman
  • DIE EGGO VAN JOU OË met Jannie du Toit
  • DIE JALOERSBOKKIES met Jawaaiher Pietersen, Nedine Blom en Ashur Pietersen
  • DIE WYN, DIE VROU, DIE LIED met Johan Rademan, Christo Snyman en Hennie Retief met volle wynproe deur Van Loveren Wyne
  • FIELA SE KIND deur Dalene Matthee, verwerk deur Suzanne van Wijk en regie deur Frans Swart
  • KOM KOOK MET MARTELIZE met Martelize Brink
  • MY PASSIE VIR JESUS met John Jacobs
  • OOMS met Tobie Cronjé en Gerben Kamper
  • OP DIE EERSTE EEN met Pieter Smith
  • REFENTSE met Refentse
  • RSG RADIODRAMA met Johan Rademan as regisseur
  • SOEN MY, DRUK MY met Alwyn Oberholster
  • STOUT (BAIE STOUT) MET DERRICH met Derrich Gardner
  • WEGVAARTPARTYTJIE met verskeie kunstenaars
  • OPPIWATER ONTPLOFFING met verskeie kunstenaars
  • RSG REGSTREEKSE BUITE UITSENDINGS vanaf die dek
  • ONTMOET DIE KUNSTENAARS met verskeie kunstenaars

Magdaleen Kruger, Stasiebestuurder van RSG sê sy is baie opgewonde oor die Oppiwater Kunstefees. “RSG is altyd voorlopers en met hierdie Oppiwater Kunsskippie van ons bring ons totaal ‘n unieke bootvaart vir ons luisteraars. RSG is daarvoor bekend dat ons die kunste ondersteun en ontwikkel en die Oppiwater Kunstefees se sukses spreek boekdele hiervan.”

Frans Swart, Besturende Direkteur van Lefra Produksies sê dat die Oppiwater Kunstefees ‘n groot uitdaging vir Lefra en RSG is. “Om meer as 20 produksies op ‘n boot in vyf dae aan te bied is nogal vir ons ‘n groot uitdaging. Maar dis ‘n baie lekker uitdaging. Dis vir ons so lekker as ons sien hoe die Oppiwater gaste die Fees geniet. Almal bespreek Produksies, drink ‘n mengeldrankie op die dek, geniet ‘n vyfgang ete in die restaurant en hol dan weer na die volgende produksie toe.”

Bespreek nou vir die Oppiwater Kunstefees by 0860 11 44 11 of bespreek by www.oppiwater.co.za

 

Leave a Reply